'n Denkbeeldige, maar baie belangrike kontrolelys

 'n Denkbeeldige, maar baie belangrike kontrolelys

Gansbaai Courant

Was lekker gewees om te weet jy is op die regte plek hier agter die Eiland en dis hier waar die baie geelstert gevang word. Maar hierdie vangery is gespesialiseerd en dis net die manne wat ken van wat die laaste paar dae kon spog met die baie vis. Baie geluk aan hulle. Daar is nog heelwat makriel vir die wat nie so suksesvol met die geelstert is nie! Die water was ‘n baie aanvaarbare 14 grade.

Gewoonlik, met ‘n vaste “crew” het elkeen sy plig, wat normaalweg pligsgetrou uitgevoer word. Verander egter hieraan en die patroon kan drasties verander. Iemand, êrens, gaan iets vergeet. En dis dalk iets belangriks. Wanneer die skipper die finale verantwoordelikheid het kan so ‘n probleem uitgeskakel word. ‘n Denkbeeldige lys waarop alles nagegaan word bly belangrik. Baie bote se roetine sal natuurlik a.g.v. omstandighede verskillend wees, maar ‘n skipper sal nogtans weet wanneer ek na sekere items verwys.

Kom ons neem ‘n deurslagboot as voorbeeld. Die skipper se storie begin al minstens die vorige dag met die noodsaaklike reëlings en voorbereiding  --  hieronder val oproepe na die “crew” Alles verloop hopelik goed en die manne kom die oggend vroeg by die skipper se huis bymekaar waar al die nodige voorbereiding gedoen moet word. Genoegsame aas word gepak met die hengelgereedskap almal op hul regte plekke. Die chevron word opgekoppel en die ligte nagegaan. Die skipper maak ook seker dat die brandstof genoegsaam is (en sy geldsake in orde). Dan volg een van die belangrikste take  --  is die bootproppe in posisie? Hierdie is uit en uit ‘n skipper se verantwoordelikheid. Soveel so dat hy gewoonweg een van die manne aanstel om altyd te verseker dat hierdie taak wel gedoen is.

Deesdae is diefstal so erg dat waar moontlik die boot onder dak gehou  en toegesluit word. Indien dit nie moontlik is nie word alle noodsaaklike toerusting soos ‘n GPS en die visvinder afgehaal en vir veiligheid weggebêre en dan moet dit natuurlik ook by die lys van goed gevoeg word wat nagegaan moet word.

Die probleem met wie wat moet doen loop gewoonlik skeef wanneer, vir een of ander rede, die gewone “crew” nie volledig is nie. Dus is dit weer die skipper wat moet kophou. Wie was nog nie reeds op die water nie om dan die vraag te hoor, “Het een van julle die proppe ingesit?’ of sommer enige van die ander lastighede. Dis die moeite werd om liewer op land seker te maak. Iets anders is net so noodsaaklik  --  moet tog nie vergeet om die vrou tot siens te sê nie. Plaas dit maar vir veiligheidshalwe 2e op die lys, die proppe bly eerste!

Groete, Seemeeu

 'n Denkbeeldige, maar baie belangrike kontrolelys

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles