Fountainhill Bekostigbare Behuising

 “Vandag het ons die eer om die 155 eenhede van die Fountainhill ontwikkeling met groot afwagting bekend te stel,” het Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, raadsdame Nicolette Botha-Guthrie tydens die amptelike opening van Fountainhill gesê.

“Fountainhill vorm deel van ‘n groter Geïntegreerde Residensiële Ontwikkelingsprogram vir Overstrand en is daarop gemik om bekostigbare behuising beskikbaar te stel. Met die ondersteuning van die stadsleiers, stel hierdie projek die weg oop om ekonomiese aktiwiteite in hierdie gebied te bevorder.” Sy het ook gesê die ontwikkelaar, Montlekar Overstrand, het onderneem om bekostigbare, moderne en kwaliteit lewenstyl aan voornemende eienaars te bied. “Die munisipaliteit en die implimenteringsagent se doelwit is om volhoubare en bekostigbare behuising aan die Gansbaai gemeenskap te bied en ons wens die ontwikkelaar sukses met die proses toe.”

Hierdie projek waar grond beskikbaar gestel is, die banksektor betrokke is en toegang tot dienste beskikbaar gestel word, word as ‘n eerste vir Overstrand Munisipaliteit beskou. Die gebied ter sprake is die verlenging van Korporasiestraat, bokant Buitekantstraat. Die volgende mediaverklaring (verkort) is van Rieger van Rooyen (Direkteur) namens Suppliers to All (Pty) Ltd t/a Motlekar Overstrand ontvang:

“Gansbaai will soon be bustling with the exciting development of 155 quality, affordable homes in one of the Western Cape’s most beloved coastal towns. The quaint fishing village pays its homage to the ocean - with a working harbour, booming tourism industry and fresh water fountain being some of its iconic landmarks. It is truly one of the few seaside towns that has retained its character, making it ideal for retirees, holidaymakers, families and anyone who loves to enjoy life the slow way.

The 155-home development aptly named Fountainhill, breaks new ground with the support of the town leadership and Overstrand Municipality, as it underpins the strategic objective of driving economic activity in the area. Fountainhill offers a quality, affordable contemporary lifestyle for under R500,000 - an unbeatable value proposition. The development will enjoy a prime location at the foot of the Franskraal Mountain Range and endeavours to establish a family-centric, community-driven development. A range of two-bedroom designs boast modern layouts, optimising space and top-quality finishes.

The development is a significant infrastructure project in Gansbaai and the developers and Municipality are hopeful of the positive economic results that such a construction project will yield.”

Vir  navrae in hierdie verband kan die verkoopskantore by 079-424-7847 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan fountainhill@mcape.co.za.

Hardus Botha

Briand Louw saam met Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, kort voordat sy die seremoniële lint vir die opening van Fountainhill geknip het.
Vlnr is Hanré Blignaut, Dennis Hendricks, Briand Louw, raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Rieger van Rooyen, Coenie Groenewald en Pieter Pretorius tydens die lintknipseremonie by Fountainhill