Bietoubossers en Medical Response

Bietoubossers en Medical Response

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Bietoubossers se onlangse byeenkoms het met hartaanvalle, beroertes, verstikking en dies meer gepaardgegaan. Gelukkig nie onder hulle lede nie, maar in die sin van goeie advies deur Overstrand Medical Response se knap span deskundiges, Cassie Carstens, Riaan Buys, Chantelle Colyn en Kobus van der Merwe.   “Leonie Botha en haar span was vir die byeenkoms verantwoordelik en daar is sommer weer gesellig saamgekuier en ‘n eetdingetjie geniet,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Die hoogtepunt van die oggend was Overstrand Medical Response en hulle aanbieding en gesprekvoering met die dames.” Daar is aan hulle verduidelik dat die span in twee skofte 24/7 aan diens is met twee ambulanse en twee reaksie-voertuie.

“Belangstellendes wat by hulle as lede wil aansluit, kan baie, baie geld bespaar,” sê Elizma. “Nie-lede betaal groot bedrae en uitroepfooie, wat steeds goedkoop in vergeleke met ander plekke is, terwyl lede basiese dienste soos uitroepe vir bloedsuiker, bloeddruk, suursof, brandwonde en EKG’s alles gratis ontvang.”

Sy sê ambulansvervoer vanaf Gansbaai na Hermanus beloop R1,000 (lede) en R3,000 (nie-lede) en vanaf Pearly Beach na Hermanus is dit R1,500 (lede) en R4,000 (nie-lede). “Hierdie is enorme besparings vir lede en ‘n groot deel van die dames was gemotiveerd om by hulle as lede aan te sluit, wat ons ook sterk by enige ander persoon sou aanbeveel.” Overstrand Medical Response is ook geregistreer om by Mediesefondse te eis en hierdie gedugte span het geen bekendstelling in hierdie omgewing nodig nie. Hulle dienste en optrede is deurgaans onverbeterlik en vinnig. Maandelikse lidmaatskapfooie vir soveel gratis dienste beloop ‘n skrale R100 per maand, met ‘n eenmalige administrasiefooi van R50. Hulle kan by 078-427-8647 (Cassie) of 083-881-3631 (Riaan) gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.                  

Hardus Botha

Bietoubossers en Medical Response

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles