Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub se onlangse en gewilde maandeindfunksie het spoggerig met ‘n klompie Cowboys en Cowgirls afgeloop. Die tema vir die aand was “Country en Western” en etlike lede en gaste het behoorlik “uitgehang”.

Die ete het uit egte hamburgers, chips en sop bestaan, met “brandy balls” vir nagereg. Met die nuwe beleid van funksie-reëlings, is dié aand deur klublede Steve en Margi Muller gereël. “Ons het onder 6 stoele ‘n ‘dot’ geplak en almal moes op ‘n stadium onder hulle stoele kyk,” vertel Margi. “Die ses stoele met ‘dots’ daaronder het elk ‘n cowboy-hoed gewen.”

Die aand is allerweë as baie gesellig en as ‘n groot sukses beskou, met Raymond Rabe se Musiekfabriek wat die “Country en Western” voete behoorlik laat jeuk het. “Indien die krag sou afgaan, wat wel voorspel was maar nie gerealiseer het nie, sou ons maar Cowboys en Crooks gespeel het, aangesien elke tafel ook ‘n ‘gun’ of twee met ‘hand cuffs’ gehad het,” vertel Margi."Ek en Steve dra graag ons opregte waardering oor teenoor al die komiteelede wat gehelp het om ‘n groot sukses van die aand te maak.”

Die volgende funksie is op 6 Junie, met die skippersvoorligtingsessie die voorafgaande Vrydagaand.

Vir klub- en/of funksienavrae kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word, of skakel vir Johan Wiese by 084-680-1269. Vir boothengelkompetisie-navrae kan Johan Burmeister by 082-895-7647 gekontak word. (Foto's deur Thys Fourie)

Hardus Botha

Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles