Leerders by skole in die Hangklip-Kleinmond-gebied kon op Dinsdag 5 Mei 2015 ‘n skou oor biodiversiteit in die Proteadorpse Gemeenskapsaal bywoon.
Die geleentheid is deur Whale Coast Conservation georganiseer en onder die talle stalletjies was daar ook een waar Cuan McGeorge van Stony Point oor die hoogs bedreigde Afrika-pikkewyn kon praat. Die leerders by hom is van die Ekoskool op Pringlebaai.
Ander onderwerpe het gehandel oor die pad wat water volg van waar dit opgevang word tot by die kus, die unieke Kaapse Blommeryk (Fynbos) en die klassifikasie van spesies. Almal het die geleentheid stimulerend en waardevol gevind.
SSMA/Fanie Krige