Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sedert die rugbyseisoen begin het, het die onder 19A rugbyspan behoorlik tande gewys. Na agt agtereenvolgende wedstryde is die span onoorwonne. Skole in die distrik is deeglik bewus van hierdie gedugte rugbyspan wat onder die uitstekende leiding van mnr Wynand Bezuidenhout en mnr Dennver August die skool se spogproduk is.

Uitslae van die span is soos volg: Eben Dönges: 45 – 17; Kassiesvlei: 9 – 5; Albert Myburgh: 17 – 7; New Orleans: 14 – 7; Swartberg: 21 – 0; Agulhas Vaardigheidskool: 20 – 14; Eben Dönges 8 – 3 en Riviersonderend 45 – 20.

Die span bestaan uit: Verryenne van Tonder, Alexander Goss, Jason Groenewald, Mynard van Niekerk, Jayberry Mauries, Sylvino Europa, Nardie Groenewald, Abre – Jzahn Spandiel (kaptein), Jeremy Titus, Reginald Alexander, Tyrelle Spandiel, Lenando Mert, Fritz Hill, Shaun Memanie, Geortrin Wildschut, Clifford Hill, Kobus Truter. Aiden Wildschut, Sidwill Lottering, Roeben Dreyer, Ithayi Bango, Johann Plaatjies, Victor Abrahams, Angelo Vergotine, Geolin Baardman en Leroy Marthinus.

Die seuns oefen elke Dinsdag en Donderdag en Woensdae en Saterdae is hulle op hul pos om wedstryde te speel. Aangesien Academia ‘n geen – skoolfonds – skool is, is vervoer ‘n groot kopseer. Dit kos gemiddeld R 100 per speler om vir ‘n gehuurde bus te betaal. Dit beteken ongeveer R 2 300 per wedstryd wat weg gespeel word om ‘n bus te huur. Die span is dringend op soek na ‘n borg vir vervoer of enige donasie sal ook welkom wees. Dit sal wonderlik wees as die gemeenskap agter die jong manne kan staan en die trots van die skool en Gansbaai sal ondersteun.

Liezel Mostert

Onder 19A Rugbyspan Academia se trots

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles