Klere is belangrik

Klere is belangrik

Gansbaai Courant

Daar is nog baie makriel by Joubert se Dam met die hotties wat so tussenin ronddwaal. En dit is mos nie te versmaai nie, dan’s daar nog roman ook! Die klompie snoek wat uitgekom het was glad nie so klein nie en geelstert is in die diep gevang.

Wanneer jy hengel moet veiligheid altyd in gedagte gehou word, en klere behels ‘n belangrike element daarvan. Kanthengel het sy eie vereistes maar is nie so ‘n lang storie soos  boothengel nie. Vanaf die kant is die omstandighede (waar jy gaan, hoe die kus lyk) baie belangrik. Jou klere moet gerieflik maar prakties wees en jy moet in gedagte hou dat omstandighede kan verander. Pas jou klere dus daarby aan. Ons hou maar by die manier van aantrek maar daar is nog baie ander bykomstighede wat ook noodsaaklik is. ‘n Laarse (waders) kan ook sy doel dien wanneer kanthengel gedoen word.

Vanaf ‘n boot, en die storie verander effens. Los maar die “waders” by die huis. Dis nogal onprakties op die boot, veral indien daar dringend van ontslae geraak moet word. Vir die man wat so dan en wan vir ‘n plesiertoggie gaan is die klere nie so ‘n ernstige  storie nie (nogtans moet hy altyd veiligheid in gedagte hou). Kom ons verwys eerder na boothengelaars vir wie dit meer erns is. Om mee te begin, jou klere gáán vuil word. Daar’s aas, bloed, vuil hande, vis wat hanteer moet word, vuil water, skoon water en sommer ‘n klomp ander goed ook. Ou klere sal baie meer dienlik wees en sit tog gewoonlik gemakliker. Indien jy vir die grootste deel van die dag op die see gaan wees, trek aan, of neem saam, warm klere. Olieklere is ‘n vereiste  --  dit hou jou klere skoner en beskerm jou lyf. “Topbootse” hou die hoeke en koue van jou voete af. In hierdie verband, kry ‘n paar wat om logiese redes redelik los pas. Sorg vir ‘n ordentlike sonkeppie en terloops, onthou die sonbrandmiddel.

Iemand het vir my gesê, “ek het net twee stelle klere, goeies en slegtes en met almal vang ek vis!” Daar ís ‘n ander probleem, ‘n grote. Hierdie klere raak vuil, vol gate en skeurplekke en stink en moet gewas word. As jou vrou lief is vir jou sal sy omsien daarna. Maar elke nou en dan gaan jy dit gewaar en dan gaan jy hoor, ”trap jy die goed”. Jy kan haar maar verseker die klere is nog reg vir ‘n volgende keer, maar sy gaan nie bes gee nie. ‘n Toevallige voordeel in so ‘n geval is dat jy, indien jy nie gehoor gee nie, volgende keer sommer so in die stywe, regop goed kan inspring. Maar niemand raak ooit immuun teen die “klank” nie.

Miskien tong in die kies, maar wees asb. prakties en wees veiligheidsbewus.

Om op te som: jou klere moet die “punch” kan vat, die elemente kan weerstaan en tog moet jy noodgedwonge dalk haastig daarvan ontslae kan raak.

Groete verder, Seemeeu

Klere is belangrik

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles