Klere is belangrik

Klere is belangrik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is nog baie makriel by Joubert se Dam met die hotties wat so tussenin ronddwaal. En dit is mos nie te versmaai nie, dan’s daar nog roman ook! Die klompie snoek wat uitgekom het was glad nie so klein nie en geelstert is in die diep gevang.

Wanneer jy hengel moet veiligheid altyd in gedagte gehou word, en klere behels ‘n belangrike element daarvan. Kanthengel het sy eie vereistes maar is nie so ‘n lang storie soos  boothengel nie. Vanaf die kant is die omstandighede (waar jy gaan, hoe die kus lyk) baie belangrik. Jou klere moet gerieflik maar prakties wees en jy moet in gedagte hou dat omstandighede kan verander. Pas jou klere dus daarby aan. Ons hou maar by die manier van aantrek maar daar is nog baie ander bykomstighede wat ook noodsaaklik is. ‘n Laarse (waders) kan ook sy doel dien wanneer kanthengel gedoen word.

Vanaf ‘n boot, en die storie verander effens. Los maar die “waders” by die huis. Dis nogal onprakties op die boot, veral indien daar dringend van ontslae geraak moet word. Vir die man wat so dan en wan vir ‘n plesiertoggie gaan is die klere nie so ‘n ernstige  storie nie (nogtans moet hy altyd veiligheid in gedagte hou). Kom ons verwys eerder na boothengelaars vir wie dit meer erns is. Om mee te begin, jou klere gáán vuil word. Daar’s aas, bloed, vuil hande, vis wat hanteer moet word, vuil water, skoon water en sommer ‘n klomp ander goed ook. Ou klere sal baie meer dienlik wees en sit tog gewoonlik gemakliker. Indien jy vir die grootste deel van die dag op die see gaan wees, trek aan, of neem saam, warm klere. Olieklere is ‘n vereiste  --  dit hou jou klere skoner en beskerm jou lyf. “Topbootse” hou die hoeke en koue van jou voete af. In hierdie verband, kry ‘n paar wat om logiese redes redelik los pas. Sorg vir ‘n ordentlike sonkeppie en terloops, onthou die sonbrandmiddel.

Iemand het vir my gesê, “ek het net twee stelle klere, goeies en slegtes en met almal vang ek vis!” Daar ís ‘n ander probleem, ‘n grote. Hierdie klere raak vuil, vol gate en skeurplekke en stink en moet gewas word. As jou vrou lief is vir jou sal sy omsien daarna. Maar elke nou en dan gaan jy dit gewaar en dan gaan jy hoor, ”trap jy die goed”. Jy kan haar maar verseker die klere is nog reg vir ‘n volgende keer, maar sy gaan nie bes gee nie. ‘n Toevallige voordeel in so ‘n geval is dat jy, indien jy nie gehoor gee nie, volgende keer sommer so in die stywe, regop goed kan inspring. Maar niemand raak ooit immuun teen die “klank” nie.

Miskien tong in die kies, maar wees asb. prakties en wees veiligheidsbewus.

Om op te som: jou klere moet die “punch” kan vat, die elemente kan weerstaan en tog moet jy noodgedwonge dalk haastig daarvan ontslae kan raak.

Groete verder, Seemeeu

Klere is belangrik

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles