In Memoriam Harold Henry Slow

In Memoriam  Harold Henry Slow

Gansbaai Courant

Wyle Harold (Harry vir sommiges) Slow is op Woensdag, 20 Mei 2015 in die ouderdom van 68 jaar en enkele maande ná ‘n lang tydperk van ernstige leukemie (bloedkanker) oorlede. Harold was ‘n opgeleide seevaardige meganiese werktuigkundige en was tweede in bevel as ingenieur in die Suid-Afrikaanse Vloot. Daarna het hy op die De Beers Diamant Vragskuite gaan werk - dus op bote ter see vir bykans sy volle beroepslewe.

Sowat 15 jaar gelede het hy by De Beers afgetree en na Gansbaai verhuis, waar hy tot en met sy afsterwe gewoon het. Na slegs enkele maande het die “pensioenlewe” hom rusteloos gestem en het hy vir R & R Aluminium van Raymond en Roza Rabe in die Industriële gebied begin werk. Sowat 2 jaar gelede het hy as gevolg van sy gesondheid finaal uit diens getree. Die toestand van leukemie het vererger en gedurende die afgelope 5 maande moes hy gereelde bloedoortappings ontvang. Twee weke gelede is hy in die Hermanus MediClinic opgeneem waar hy oorlede is. Hy het net een broer, Buddy Slow en geen susters nie.

13 jaar gelede het Harold sy eggenote, Martie, ontmoet. Harold het geen kinders van sy eie gehad nie, maar hy en Martie het 8 jaar gelede haar 3 kleinkinders onder hulle permanente sorg geneem. Hy was ‘n wonderlike oupa vir hulle en het vir elkeen ‘n spesiale bynaam gegee: Yolande (Meidjie - 16 jr), Herman (Boesman - 15 jr) en Raymond (Piekanien - 13 jr). Yolande bly tans nie meer by hulle in die huis nie, maar Herman en Raymond is steeds deel van die huishouding, waar hulle net met groot lof van hulle oupa praat. Hy was ‘n gewaardeerde gesinsman wat baie vir sy gesin omgegee het en lief was om saam met hulle te kampeer, vis te vang, te braai en potjiekos te maak.

Harold is allerweë as ‘n introvert beskryf, maar wanneer hy wel vriendskapsbande aangegaan het, was dit diep en opreg. Alhoewel hy nie ‘n sportman was nie, was Harold baie lief vir visvang, veral ook by Die Plaat. In dieselfde jaar wat hy in Gansbaai aangekom het, het hy by die Birkenhead Boothengelklub aangesluit, waar hy al die jare ‘n getroue bemanningslid op sy werkgewer en vriend, Raymond Rabe, se boot Laura 2 was. Hy was ‘n knap boothengelaar en was 2008 se Mans Visvangkampioen van die Jaar in die klub, terwyl hy as bemanningslid in 2004 en 2006 deel was van Raymond se Laura 2 wat as Bootkampioen van die Jaar bekroon is.

‘n Roudiens is op Maandag, 25 Mei 2015 deur past Frikkie Zeelie in die Gansbaai AGS-Kerk waargeneem, met ‘n treffende afsluitingslied wat deur die gemeente se koor gesing is.

Hardus Botha

In Memoriam  Harold Henry Slow

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles