In Memoriam Harold Henry Slow

In Memoriam  Harold Henry Slow

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Harold (Harry vir sommiges) Slow is op Woensdag, 20 Mei 2015 in die ouderdom van 68 jaar en enkele maande ná ‘n lang tydperk van ernstige leukemie (bloedkanker) oorlede. Harold was ‘n opgeleide seevaardige meganiese werktuigkundige en was tweede in bevel as ingenieur in die Suid-Afrikaanse Vloot. Daarna het hy op die De Beers Diamant Vragskuite gaan werk - dus op bote ter see vir bykans sy volle beroepslewe.

Sowat 15 jaar gelede het hy by De Beers afgetree en na Gansbaai verhuis, waar hy tot en met sy afsterwe gewoon het. Na slegs enkele maande het die “pensioenlewe” hom rusteloos gestem en het hy vir R & R Aluminium van Raymond en Roza Rabe in die Industriële gebied begin werk. Sowat 2 jaar gelede het hy as gevolg van sy gesondheid finaal uit diens getree. Die toestand van leukemie het vererger en gedurende die afgelope 5 maande moes hy gereelde bloedoortappings ontvang. Twee weke gelede is hy in die Hermanus MediClinic opgeneem waar hy oorlede is. Hy het net een broer, Buddy Slow en geen susters nie.

13 jaar gelede het Harold sy eggenote, Martie, ontmoet. Harold het geen kinders van sy eie gehad nie, maar hy en Martie het 8 jaar gelede haar 3 kleinkinders onder hulle permanente sorg geneem. Hy was ‘n wonderlike oupa vir hulle en het vir elkeen ‘n spesiale bynaam gegee: Yolande (Meidjie - 16 jr), Herman (Boesman - 15 jr) en Raymond (Piekanien - 13 jr). Yolande bly tans nie meer by hulle in die huis nie, maar Herman en Raymond is steeds deel van die huishouding, waar hulle net met groot lof van hulle oupa praat. Hy was ‘n gewaardeerde gesinsman wat baie vir sy gesin omgegee het en lief was om saam met hulle te kampeer, vis te vang, te braai en potjiekos te maak.

Harold is allerweë as ‘n introvert beskryf, maar wanneer hy wel vriendskapsbande aangegaan het, was dit diep en opreg. Alhoewel hy nie ‘n sportman was nie, was Harold baie lief vir visvang, veral ook by Die Plaat. In dieselfde jaar wat hy in Gansbaai aangekom het, het hy by die Birkenhead Boothengelklub aangesluit, waar hy al die jare ‘n getroue bemanningslid op sy werkgewer en vriend, Raymond Rabe, se boot Laura 2 was. Hy was ‘n knap boothengelaar en was 2008 se Mans Visvangkampioen van die Jaar in die klub, terwyl hy as bemanningslid in 2004 en 2006 deel was van Raymond se Laura 2 wat as Bootkampioen van die Jaar bekroon is.

‘n Roudiens is op Maandag, 25 Mei 2015 deur past Frikkie Zeelie in die Gansbaai AGS-Kerk waargeneem, met ‘n treffende afsluitingslied wat deur die gemeente se koor gesing is.

Hardus Botha

In Memoriam  Harold Henry Slow

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles