Fotografieklub se Bome

Fotografieklub se Bome

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub het Maandag maar net weer eens bewys dat hulle weet hoe om foto’s te neem. Voorsitter Riaan Jacobs het enkele afkondigings en toekomstige aktiwiteite bespreek, waarna die Aanbiedings- en Mediabeampte, Marc du Plessis die tema-foto’s, Bome/Trees, vertoon het. Opbouende kommentaar en kritiek is gelewer, maar almal was dit eens dat die foto’s wat vertoon is, van uitstaande gehalte is.

“Maar dit mag nooit beginners of lede met mik-en-druk kameras ontmoedig om as lede voort te gaan of by die klub aan te sluit nie,” het Riaan gesê. “Inteendeel, ons is nou weer besig om onderskeie kategorieë te ontwikkel om alle lede ‘n gelyke kans te bied.” Die bome-foto’s het gewissel van bome met berge, water of wolke in die agtergrond, tot by enkelstamme en selfs ‘n groot kwas in ‘n stam - die een foto so kreatief soos die ander een. Daar is ook verwys na foto’s met ‘n “storie” daaragter wat ook ‘n groot impak oplewer.

‘n Goeie voorbeeld is Riaan se foto van ‘n boom met ‘n vervalle huisie half onder die boom. Riaan vertel: “Die storie is soos my ma (86 ) dit aan my vertel het. Haar grootouers, “Langboeta” Coenraad Fourie en Johanna (Nooi Blom), het daar gewoon en geboer en my Ouma Kooitjie Lourens is daar in 1902 gebore. My Oupagrootjie is in 1935 daar oorlede en sy seun, Jannie Fourie, het verder geboer totdat hy na Napier verhuis het. Die huisie soos dit tans lyk, is maar net ‘n deel van die groter plaaswoning en daar was baie vrugtebome. Al wat nog oorbly is die akkerboom wat jare gelede amper uitgebrand het en die klein huisie wat nog staan. Dit staan op die plaas Vredenburg op die Sandies Glen pad naby Salmonsdam.”

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Hardus Botha

Fotografieklub se Bome

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles