Om in alles tevrede te wees

Om in alles tevrede te wees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek weet wat dit is om te min te hê en wat dit is om oorvloed te hê. Maar ek laat nie toe dat sulke dinge my onderkry of met my weghardloop nie. Ek is altyd tevrede, wat my ook al tref. Dit maak nie saak of ek sonder ’n krieseltjie kos gaan slaap of soveel kos het dat ek dit nie alles kan opeet nie. Of ek net die klere aan my lyf het en of ek ’n huis vol goed op my naam het, vir my is dit eintlik maar om’t ewe. Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is” (Fil 4:12-13: Die Boodskap).

Lees weer hierdie gedeelte wat deur Paulus in Filippense 4 geskryf word. Dit kom uit die mond van ’n man wat in die tronk sit terwyl sy liggaam deurtrek is van pyn as gevolg van marteling en ’n paar keer wat hulle hom 39 houe met ’n kats toegedien het. (’n Kats is ’n gevlegte sweep met klein skerp stukkies yster. Met elke hou wat jy geslaan word, byt hierdie yster in jou vel in en skeur uit as hulle dit terugtrek!)

En dan dink ons ons kry swaar onder beurtkrag, hoë kospryse en ’n onbevoegde regering!

“Ek is altyd tevrede, wat my ook al tref!” ’n Mens kan dit alleenlik sê as jy weet GOD is in beheer en dat Hy altyd in jou lewe teenwoordig is! As jy net vaskyk in wat jy nie het nie, sal jy altyd ontevrede wees met wat jy het! As Christen, kind van GOD, erfgenaam van die ewige lewe, mag jy nie ontevrede raak met wat GOD in jou lewe toelaat nie. Dieselfde Heilige Gees wat ons oortuig het om te glo in Jesus Christus bewerk ook in ons ’n gees van geduld, nederigheid en dankbaarheid! (vgl. Galasiërs 5:22,23). Vervulling met die Heilige Gees het juis daarmee te doen dat ons hierdie vrug van die Gees moet beoefen, sodat GOD daardeur verheerlik kan word.

Hoe kry Paulus dit dan reg om in alles tevrede te wees?  Paulus sê: “Ek is tot alles in staat deur Jesus wat die bron van my krag is.” (Fil. 4:13) Kyk weer mooi waar hierdie vers lê. Nadat hy vertel het van al sy swaar en tekortkominge, sê Paulus dat Jesus hom die krag gee om deur al hierdie dinge te gaan. Dieselfde krag is ook in jou. Voordat jy sê: “Ek kan nie meer nie!” kyk verby jou probleem en sien Jesus raak wat jou bystaan. Hy neem nie noodwendig jou probleem weg nie, maar gee jou die krag om daarmee te “cope”. Hy wil hê jy moet Sy krag, wat in jou is, gebruik om jou krisis aan te pak. Hy sal jou nie alleen los of toelaat dat jy bokant jou kragte beproef word nie! (1 Kor. 10:13).

Kyk met nuwe oë na jou situasie. Sien Jesus raak wat jou bystaan en leef tevrede en in vrede!       

Om in alles tevrede te wees

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles