Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die twee skoonhede, Mej Suid-Afrika, Liesl Laurie en Mej Suid-Afrika Aarde, Ilze Saunders, het saam met die akteur, Oros Molopufo en Zolani Mbeki van die Zolani Mbeki Trust, op Vrydag, 15 Mei 2015 welwillendheidsbesoeke by 5 instansies afgelê. Hulle was vol lof vir die omvang van liefdadigheidswerk in en om Gansbaai.

Ernst Niewoudt, voorsitter van Gansbaai Academia se Beheerliggaam, het op kort kennisgewing by Marie Reid, eienaar van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop om hulp aangeklop. Sy het aan die werk gespring en het besoeke deur die skoonhede en hul geselskap by Gansbaai Elim Huis, Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Masakhane Recycling Shop van White Shark Projects, Oak Grove Nasorgsentrum en Rainbow Kids Speelskool in Beverley Hills gereël.

By elkeen van hierdie instansies het die twee skoonhede so reg in die kraal van die kinders en bejaardes opgetree deur geselsies met hulle aan te knoop en liefdevolle drukkies uit te deel. By Oak Grove Nasorgsentrum was die besoek aan Oom Daantjie (105) een te veel vir die akteur, Oros Molopufo, en het gevra of hy Oom Daantjie se hande mag vat om vir hom ‘n gebed te doen. By Rainbow Kids Speelskool in Beverley Hills het past Frikkie Zeelie baie moeite gedoen en is rose deur die kleuters aan almal uitgedeel en is daar hartlik vir die besoekers gesing. Twee Gansbaai SAPD-lede, sers Anna Testa en konst Irvin Simmers, het as amptelike begeleiers vir sekuriteitsdoeleindes tydens die besoeke opgetree. Hulle was sommer baie trots toe Mej SA hulle spesiaal bedank het vir die gevoel van veiligheid wat deur hulle geskep is. ‘n Gesellige funksie in die Birkenhead Boothengelklub se saal ten bate van Gansbaai Elim Huis en met die twee skoonhede se teenwoordigheid, is ook deur Marie gereël.

Ongelukkig het onverklaarde omstandighede daartoe gelei dat die twee skoonhede nie opgedaag het nie. Gelukkig vir Marie het die gaste begrip vir die probleem getoon en is die Amerikaanse veiling wat aangebied is, goed ondersteun, waarna daar tot laataand toe gesellig saamgekuier is. Die smaaklike eetgoed is deur Nikita, Mary-Anne, Tania en Magrieta gemaak, met Stephen Bernhardt wat vir uitstekende agtergrond sangitems gesorg het. Al was die teleurstelling groot oor die afwesigheid van die skoonhede, het die Gansbaaiers gewys dat hulle nie skoonhede nodig het om ‘n gesellige funksie vir ‘n goeie doel terdeë te geniet nie.

Hardus Botha

Mej SA se Welwillendheidsbesoeke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles