Goue Hande se 20 Jaar

Goue Hande se 20 Jaar

Gansbaai Courant

Gansbaai se bekende Goue Hande, die fondamente van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS), het op Maandag, 18 Mei 2015 hul 20ste bestaansjaar gevier. “Tydens een oggend se Bybelstudie van ‘n groep dames onder leiding van Annatjie Bosman van Klein Groenberg Kleinbaai, het die gedagte van groter diensbaarheid onder bespreking gekom,” vertel Francia van Dyk, sameroeper van die Goue Hande.

“Annatjie het die saak met Matrone Christine van Rensburg van HaS gaan bespreek en net daar is alles in rat gesit om die Tehuis op verskeie gebiede met vrywilligers, wat sy links en regs geskakel het, behulpsaam te wees en te ondersteun.” Op 18 Mei 1995 het 44 belangstellendes vir die eerste amptelike vergadering by HaS bymekaargekom. “In die eerste Nuusbrief skryf Matrone van Rensburg dat Annatjie Bosman en Rienie Lüdick as die eerste koördineerders aangewys is,” vertel Francia.

“Om alles ordelik te laat verloop, het Matrone van Rensburg ‘n kursus in die optimale aanwending van vrywilligers se dienste bygewoon.” Daarna is ‘n kompetisie vir ‘n geskikte naam uitgeskryf en Doreen Schwartz, HaS se kok, het die naam “Goue Hande” voorgestel. “Met die werk wat hulle gedoen het, het hierdie naam vir my die beste uitgestaan om betekenis aan hulle werk te verleen,” het Doreen gesê. Doreen het op 28 Februarie vanjaar, na 40 jaar diens, by HaS afgetree. Francia sê die behoeftes gedurende die beginjare het drasties verskil van vandag en die dames het besoeke afgelê, voorlesings gedoen, briewe aan bejaardes wat nie meer so penvaardig is nie beantwoord, terwyl inkopies ook vir die bejaardes gedoen is. In die kombuis is groente geskil, skottelgoed gewas en in die waskamer is daar agter die strykysters ingeval.

Kort voor lank is ‘n haarsalon ingerig wat vandag nog elke Donderdag en Vrydag bedryf word, terwyl die tuin ook die nodige aandag geniet het. Die behoefte aan fondsinsamelingsprojekte is gou raakgesien funksies is begin reël. “Santie Preuss het ‘n voorstel van ‘n jaarlikse basaar ingedien en kort daarna is die eerste HaS Basaar op die Tehuis se terrein aangebied,” sê Francia. “Pannekoek is in die sitkamer gebak en die wonderlike bedrag van R14,000 is ingesamel.” Sy sê die NG-gemeente is die volgende jaar genader, wat die Pretoriussaal beskikbaar gestel het, wat tot vandag toe die geval is en waarvoor groot dankbaarheid bestaan. Kerrie en rys het destyds R5 gekos en gemmerbier R3 per bottel! Skouerruikertjies is gemaak en aan almal wat die basaar besoek het, verkoop.

“Ná 20 jaar organiseer die Goue Hande steeds die jaarlikse basaar met die hulp van ons wonderlike gemeenskap waarsonder ons nóóit 20 jaar sou kon oorleef het nie,” sê Francia.

“Die afgelope jare word veel meer aktiwiteite aangebied. Maandae is dit nael- en voetversorging, Dinsdae oefeninge, Woensdae stimulasie soos bordspeletjies, bingo, binnenshuise wintersportdae en meer en Donderdae en Vrydae word die haarsalon bedryf. Verder word verjaarsdae onthou met behulp van die radio en die uitdeel van kaartjies, snoepie-aankope vir die inwoners word gedoen, funksies soos ‘n Valentynsontbyt, Moedersdagetes, Vadersdagetes en veel meer word gereël.

“Aan elke Goue Hand van die afgelope 20 jaar - julle is Sterre waarvan die lig helder skyn en God se gebod van Liefde vir sy naaste duidelik uitgeleef word,” sê Francia. Die Goue Hande is in 2014 deur Badisa as die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - voorwaar ‘n welverdiende prestasie. Francia hou die volgende bedankings voor: “Goue Hande se Bestuur (reëlings), Petra en Chris van Rensburg (saalversiering en geskenkies), Annalie (glase), Jolanda (smaaklike kos), Lorraine (fantastiese kaaskoek), die Beheerraad (mooi aandenking), Maureen, Hardus en Elise (Powerpoint aanbieding uit die verlede), NGK (Pretoriussaal) en die koster, Marius met sy helpers (regstaan met ‘n glimlag).

Dankie ook vir ons gemeenskap se hulp en liefde deur die jare. Sonder julle bystand sou ons nie so lank kon voortbestaan nie. As u van alles lees en hoor, kom sluit by ons aan! Na 20 jaar is heelwat lede al oorlede en die res van ons dalk nie meer so flink nie en ons benodig oral hulp, maar het op die oomblik ‘n dringende behoefte aan nog hulp op Donderdae en Vrydae in die Haarsalon, al kan u net hare was en indraai.”

Belangstellendes kan vir Adele by 028-384-1182 of 083-969-5458 kontak. “Dan vra ons ook aub u voortdurende voorbidding vir ons werksaamhede en vir die Tehuis.”

Goue Hande: Francia van Dyk 082-551-3613 of  028-384-0262

Hardus Botha

Goue Hande se 20 Jaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles