Om 'n boot te besit

Om 'n boot te besit

Gansbaai Courant

Geelstert (met skipjacks tussenin) geelbek, silwervis, makriel, snoek, hotties, roman, kabeljou  --  moet ek aangaan? Dis nou wat van die manne die laaste ruk gevang het. Maar daar is baie wat druipstert teruggekeer het en glad niks kon wys nie. Die rede hiervoor is dat die ouens  wat vis gevang het hulle storie beplan het en geweet het waarnatoe. Ek reken toestande sal vir ‘n rukkie nog so aanhou. So, doen jou beplanning!

Waar’s die dae toe ‘n boot met oë toegeknyp gekoop is weens die bekostigbaarheid daarvan, maar dit is gedoen, en die genot in die gebruik daarvan het dit die moeite werd gemaak. Dit was as ‘t ware ‘n eenmalige uitgawe en die res kon jy hanteer.

Deesdae is die prentjie anders. ‘n Boot kan nou as ‘n luukse beskryf word, en dit kan toegeskryf word aan die ewigdurende stygende fooie wat outomaties minstens elke jaar verhoog word. Nou ja, is dit nie maar die norm op elke vlak nie? ‘n Boot en wat daarmee saamgaan dink ek is anders…. van hierdie verhogings is baie maal onverklaarbaar en soms lyk dit my asof die booteienaar bygekom móét word. Vir lanseerfooie kan daar regverdiging voor gevind word, maar terwyl dit, nie so lank terug nie, ‘n heel aanvaarbare bedrag behels het is dit nou, in vergelyking, baie hoog  --  en die diens is basies nog dieselfde. Ons praat nie eers van onderhoud nie.

Seevaardigheidsertifikaat en wat daarmee gepaardgaan  --  reëlveranderings maak dit moeilik. Een voorbeeld is die gedwonge verandering van die bootradio. Die oue is nou waardeloos en die nuwe kos kort duskant R3000. Sommige veranderinge kom in die naam van veiligheid, wat ‘n teenargument onredelik laat klink.

As dit so moeilik is, hoor ek hier agter in my kop, waarom nie jou boot verkoop nie? Dié is al deel van ‘n skipper en verkoop sal vir so iemand slegs die laaste uitweg wees. So, miskien….miskien….  Indien ek hierbo swartgallig klink, jammer, maar daar ís ‘n sonkant, een wat hopelik ‘n glimlag gaan optower. Vra die ware skipper wat nog aan sy boot klou, of probeer. Dit is hierdie manne waarvan die see so ‘n groot deel van hul lewe uitmaak. Hulle geniet die natuur, daar is die see en natuurlik, om te kan hengel. En dis die boot wat dit moontlik maak. Daardie rustigheid en soms die opgewondenheid, asook die egte vriendskappe wat gesmee word is waaroor alles gaan. Dís die sonkant. Die kommersiële skipper self kan ook ‘n ander dimensie aan bogenoemde verskaf. Praat in hierdie rigting met die manne en jy sal verstaan.   Groete, Seemeeu

Om 'n boot te besit

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles