Om 'n boot te besit

Om 'n boot te besit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geelstert (met skipjacks tussenin) geelbek, silwervis, makriel, snoek, hotties, roman, kabeljou  --  moet ek aangaan? Dis nou wat van die manne die laaste ruk gevang het. Maar daar is baie wat druipstert teruggekeer het en glad niks kon wys nie. Die rede hiervoor is dat die ouens  wat vis gevang het hulle storie beplan het en geweet het waarnatoe. Ek reken toestande sal vir ‘n rukkie nog so aanhou. So, doen jou beplanning!

Waar’s die dae toe ‘n boot met oë toegeknyp gekoop is weens die bekostigbaarheid daarvan, maar dit is gedoen, en die genot in die gebruik daarvan het dit die moeite werd gemaak. Dit was as ‘t ware ‘n eenmalige uitgawe en die res kon jy hanteer.

Deesdae is die prentjie anders. ‘n Boot kan nou as ‘n luukse beskryf word, en dit kan toegeskryf word aan die ewigdurende stygende fooie wat outomaties minstens elke jaar verhoog word. Nou ja, is dit nie maar die norm op elke vlak nie? ‘n Boot en wat daarmee saamgaan dink ek is anders…. van hierdie verhogings is baie maal onverklaarbaar en soms lyk dit my asof die booteienaar bygekom móét word. Vir lanseerfooie kan daar regverdiging voor gevind word, maar terwyl dit, nie so lank terug nie, ‘n heel aanvaarbare bedrag behels het is dit nou, in vergelyking, baie hoog  --  en die diens is basies nog dieselfde. Ons praat nie eers van onderhoud nie.

Seevaardigheidsertifikaat en wat daarmee gepaardgaan  --  reëlveranderings maak dit moeilik. Een voorbeeld is die gedwonge verandering van die bootradio. Die oue is nou waardeloos en die nuwe kos kort duskant R3000. Sommige veranderinge kom in die naam van veiligheid, wat ‘n teenargument onredelik laat klink.

As dit so moeilik is, hoor ek hier agter in my kop, waarom nie jou boot verkoop nie? Dié is al deel van ‘n skipper en verkoop sal vir so iemand slegs die laaste uitweg wees. So, miskien….miskien….  Indien ek hierbo swartgallig klink, jammer, maar daar ís ‘n sonkant, een wat hopelik ‘n glimlag gaan optower. Vra die ware skipper wat nog aan sy boot klou, of probeer. Dit is hierdie manne waarvan die see so ‘n groot deel van hul lewe uitmaak. Hulle geniet die natuur, daar is die see en natuurlik, om te kan hengel. En dis die boot wat dit moontlik maak. Daardie rustigheid en soms die opgewondenheid, asook die egte vriendskappe wat gesmee word is waaroor alles gaan. Dís die sonkant. Die kommersiële skipper self kan ook ‘n ander dimensie aan bogenoemde verskaf. Praat in hierdie rigting met die manne en jy sal verstaan.   Groete, Seemeeu

Om 'n boot te besit

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles