Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Dinsdag 12 Mei, het Franskraal rolbalklub sy jaarlikse OK Foods geslote geborgde dag aangebied.  In uitstekende rolbalweer het agt spanne dit uitgespook om as wenners van hierdie toernooi gekroon te word.  Wedstryde is oor twaalf koppe elk beslis. Rolbal van hoogstaande gehalte is gespeel en geeneen van die deelnemende spanne wou die knie voor hul teenstanders buig nie.  Elke goeie skoot is met ewe goeie teenvoeters begroet. 

Franskraal Rolbalklub sou nie dae soos hierdie kon aanbied as dit nie vir die goedgunstig ondersteuning en borgskappe van ons plaaslike besighede is nie.  Daarom is ons baie dankbaar dat Petra en Chris van Rensburg ingestem het dat OK Foods weer hierdie dag vir ons sal borg.  Baie dankie dat ons, soos soveel keer in die verlede, op julle steun kon staat maak.  Ook is ons tydens middagete met die heerlikste eetgoed, ook deur OK Foods Gansbaai verskaf, bederf. Baie dankie aan almal by OK Foods wat by die voorbereiding daarvan betrokke was. Dit was werklik besonders. Ook aan jou Petra ons hartlike dank dat jy ons met jou teenwoordigheid vereer en die pryse oorhandig het.  Dit word baie hoog op prys gestel.

Die wenners van die dag was die span van Betsie Schreuder (skipper) met Sonja Chambers (tweede) en Christopher Malec (lei).  Tweede was die span van Piet du Toit met in die derde plek die span van Philip Malherbe.  Ons hartlike gelukwensing gaan aan elke lid van hierdie spanne.

Laastens woorde van hartlike dank aan alle klublede wat bydraes gelewer het om hierdie dag besonder suksesvol te maak.  Jul toewyding aan ons klub word baie hoog op prys gestel.  Ons is baie trots op julle.

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles