Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

Gansbaai Courant

Op Dinsdag 12 Mei, het Franskraal rolbalklub sy jaarlikse OK Foods geslote geborgde dag aangebied.  In uitstekende rolbalweer het agt spanne dit uitgespook om as wenners van hierdie toernooi gekroon te word.  Wedstryde is oor twaalf koppe elk beslis. Rolbal van hoogstaande gehalte is gespeel en geeneen van die deelnemende spanne wou die knie voor hul teenstanders buig nie.  Elke goeie skoot is met ewe goeie teenvoeters begroet. 

Franskraal Rolbalklub sou nie dae soos hierdie kon aanbied as dit nie vir die goedgunstig ondersteuning en borgskappe van ons plaaslike besighede is nie.  Daarom is ons baie dankbaar dat Petra en Chris van Rensburg ingestem het dat OK Foods weer hierdie dag vir ons sal borg.  Baie dankie dat ons, soos soveel keer in die verlede, op julle steun kon staat maak.  Ook is ons tydens middagete met die heerlikste eetgoed, ook deur OK Foods Gansbaai verskaf, bederf. Baie dankie aan almal by OK Foods wat by die voorbereiding daarvan betrokke was. Dit was werklik besonders. Ook aan jou Petra ons hartlike dank dat jy ons met jou teenwoordigheid vereer en die pryse oorhandig het.  Dit word baie hoog op prys gestel.

Die wenners van die dag was die span van Betsie Schreuder (skipper) met Sonja Chambers (tweede) en Christopher Malec (lei).  Tweede was die span van Piet du Toit met in die derde plek die span van Philip Malherbe.  Ons hartlike gelukwensing gaan aan elke lid van hierdie spanne.

Laastens woorde van hartlike dank aan alle klublede wat bydraes gelewer het om hierdie dag besonder suksesvol te maak.  Jul toewyding aan ons klub word baie hoog op prys gestel.  Ons is baie trots op julle.

Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Franskraal Rolbal Nuus (28 May 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles