Laerskool Okkie Smuts vs Curro

Die o/11 netbalmeisies van Laerskool Okkie Smuts en Curro het op Donderdag, 21 Mei 2015 te Laerskool Okkie Smuts meegeding.

Altwee spanne het hulself goed van hul taak gekwyt, met Laerskool Okkie Smuts wat die wedstryd met 7-0 gewen het.

Hulle o/13 span het ook teen Curro se o/13 netbalmeisies kragte gemeet en ‘n wonderlike spel-vertoning met hul oorwinning van 14-7 gegee.

Laerskool Okkie Smuts het met trots hul eerste binnenshuise o/9 Netbaltoernooi op 16 Mei 2015 gehou. Die deelnemende skole was Die Bron Primêr, Laerskool Gansbaai, Curro en Laerskool Okkie Smuts. Vir baie van die skole was dit ‘n nuwe ervaring wat groot opgewondenheid gebring het. Daar was ‘n beste speler van elke skool aangewys wat ‘n medalje ontvang het. Baie dankie aan die borge, Adenco Construction en Gansbaai Superspar.
Gansbaai Laerskool Okkie Smuts vs Curro 1
Gansbaai Laerskool Okkie Smuts vs Curro 2