Eendeweer VERBLY Boere

Eendeweer VERBLY Boere

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Groot verligting oor goeie reëns

“Ons was op die rand van ‘n enorme krisis, aangesien dit bitter droog was,” sê Cornie Swart, President van Agri Wes-Kaap sedert 28 Julie 2011. “Die damme het baie vinnig gesak, die lande is geploeg en die saad was reeds in die grond, wagtend op reën, met alles wat op enorme oes-mislukkings heengewys het indien die reën nie spoedig sou kom  nie."                                                          

"Daarom is daar net een woord vir die goeie reëns wat tot dusver uitgesak het: Dankbaarheid!” Cornie sê die onlangse goeie reëns het ‘n groot verskil meegebring en hy voel gerus dat die saad in die grond nie té lank vir die reën gewag het nie, maar dat dit ook net betyds begin val het en ‘n ernstige krisis is dus wel afgeweer.

“In 2011 het die goeie reëns ook eers in Junie gekom en dit was ‘n baie goeie oesjaar en ons verwagtinge is dat dit dieselfde hierdie jaar sal wees,” sê Cornie. “In Ceres was ons tot nou toe steeds erg bekommerd, maar ek het vandag (2 Junie) berig ontvang dat dit daar ook begin reën het.” Hy sê dit kan wees dat die groot reëns wat voorspel word, ligte vloede tot gevolg kan hê, veral in die Kaapse Metropool, maar dit is iets wat maar hanteer sal moet wanneer en indien dit gebeur.

“Ek voorsien ‘n ‘groen’ droogte, aangesien die Wes-Kaap geheel en al leeg is van voer wat net nie meer beskikbaar was nie.” Hy sê ook dat die droogte-krisis in die provinsies van so ‘n ernstige aard was dat sowat 700,000 ton mielies vanjaar ingevoer sal moet word. Enkele boere in die omgewing is ook deur Gansbaai Courant oor die goeie reëns gekontak: Gerhard de Wet, Neël Groenewald en Johan van Dyk, voorsitter van Strandveld Landbou Vereniging. Al drie het dieselfde kommentaar op die goeie reëns gelewer, naamlik dat hulle eerstens baie dankbaar daarvoor is en dat dit byna-byna te laat gekom het. Johan van Dyk het gesê hulle was baie bekommerd dat die reën te laat sou kom, aangesien die gesaaides reeds ‘n week of meer in die grond was en daar is gevrees dat dit nie sal ontkiem nie.

“Die weervoorspellers praat van ‘n goeie en laat-reënjaar, wat ons met dankbaarheid vul, aangesien ons reën tot in November in die Strandveld nodig het,” het Johan gesê. Ondanks die groot kommer wat geheers het, wil dit nou voorkom asof die omgewing se boere na ‘n goeie oesjaar kan uitsien met die reën wat net-net betyds uitgesak het.

Hardus Botha

Eendeweer VERBLY Boere

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles