2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ek het reeds sedert 7-jarige ouderdom saam met my pa gevlieg en dit was nog altyd my droom om ‘n gekwalifiseerde vlieënier te word,” vertel Tanya Kleynhans van Pearly Beach, wat op die punt staan om haar in Namibië as ‘n kommersiële vlieënier te vestig.

Vyf jaar gelede was Tanya ‘n matrikulant toe haar pa, Theo Kleynhans van Pearly Beach, wat allerweë as ‘n uiters bekwame vlieënier bestempel is, tragies tydens die neerstort van ‘n 2-sitplek mikroligte vliegtuig omgekom het. Sy was die enigste dogter van Theo en Yulanda. Tanya se droom om ‘n vlieënier te word het sommer kort ná haar matriekjaar (2010) begin vorm aanneem toe sy in 2011 met vliegopleiding by Aerosport in Durbanville begin het. Sy het by die vliegskool gewerk en letterlik iets van alles gedoen, selfs vliegtuie in en uit die vliegtuigloodse (hangars) gestoot. “Gedurende hierdie tyd het ek geweldig baie geleer en ook baie mense in die vliegbedryf leer ken,” vertel sy.

Vir haar eerste vlieglisensie, Private Pilot Licence (PPL), moes sy by 50 vliegure uitkom. Hierdie vlieglisensie verwerf sy met trots op 15 April 2012, nadat sy onder andere etlike kere na Pearly Beach lughawe gevlieg het om vir haar ma te kom kuier. In 2013 is Tanya na Kaapstad Internasionaal vir verdere vliegopleiding en in 2014 na Worcester. Daar het sy met ongekende trots haar Commercial Pilot Licence (CPL) op 22 Mei vanjaar ontvang - 5 jaar en 1 week ná haar pa se tragiese vliegongeluk.

Vir hierdie lisensie moes sy by 200 vliegure uitkom en sy sê een van haar moeilikste vlugte was ‘n 29 uur vlug na Botswana en terug waar sy 11 ure per dag in die lug was. Haar toekomsdroom vertrou sy om in Namibië te verwesentlik waar sy vir ‘n maatskappy toeriste van vliegvervoer gaan voorsien.  

Hardus Botha

2de Stel Vlerkies vir Tanya Kleynhans

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles