‘n Heuglike dag het op Woensdag, 17 Mei 2015 vir 85 eienaars van informele wonings in Masakhane aangebreek toe elektrisiteit vir hul wonings, asook straatbeligting, amptelik aangeskakel is.
“Onwettige verspreiding van elektrisiteit skep ‘n onveilige situasie vir inwoners, hul kinders en ook vir diere, aangesien die verspreidingslyne nie altyd geïsoleer is nie, terwyl dit ook teenstrydig met wetgewing is,” het Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie tydens die aanskakelingsseremonie gesê.
“Met dít in gedagte is besluit dat die verskaffing van wettige elektrisiteit aan hierdie 85 eienaars van uiterste belang was.”
Die kontrak is aan WP Electric, met Worley Parsons RSA as die elek- trisiteitskontrakteurs, gedurende Januarie vanjaar toegestaan, wat die R1.2m projek binne 19 weke afgehandel het. “The work included the following: New miniature substation; Low voltage underground cables; Consumer distribution kiosks; Underground consumer connections; Street lighting; Meters and ready boards. This project has ultimately led to a positive change and a better quality of life for the families involved, the results of which no doubt be appreciated even more now that we are fast approaching the cold and wet winter months and I am happy to be celebrating this day with you,” het Raadsdame Botha-Guthrie gesê. “I urge you to use the electrical service responsible so that you and your loved ones can continue to enjoy the benefits associated with it.”
Die eerste eienaar wat haar Gonlog-kaart van die burgemeester ontvang het, die gestremde Bukelwa Mbuzweni, was oorstelp van vreugde: “Look how bright the light is shining! I can’t wait to use my electric stove and the other appliances. This will make my life so much better.”
Hardus Botha