Om te hoor en te luister

Om te hoor en te luister

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“As jy verstand het, luister hierna, hoor wat ek te sê het.”  (Job 34:16)  “Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie.”

(Mat 13:13)   

“Jy luister nie as ek praat nie!”

“Jy het nie gehoor wat ek gesê het nie!”

Klink hierdie woorde vir jou bekend? Al iewers gehoor? Ja, ek glo menige ouer het dit al vir hulle kinders in moedeloosheid gesê. Of dalk was dit jou vrou of man wat dit vir jou moes sê! Wat egter saak maak is dat ons baie keer hoor iemand praat met ons, maar ons luister nie regtig wat hulle sê nie.

Dit is ook die woorde van Jesus aan Sy dissipels en die mense om Hom as Hy met hulle in gelykenisse praat. Jesus het daarvan gehou om vir die mense stories te vertel. Hy wou graag aan hulle verduidelik hoe lyk Sy Vader se koninkryk. Lees gerus die gelykenis van die saaier in Matteus 13:1-23 en sien hoe Jesus aan ons wil verduidelik dat ons nie net GOD se Woord moet lees of hoor nie, maar dit regtig in ons lewe ernstig sal opneem en toepas in ons daaglikse lewe. Dalk is ek en jy ook daardie man waar die saad op die harde pad gesaai word en glad nie ’n kans het om te groei nie. Jy is net té besig om jou eie dinge te doen dat jy nie tyd het om rustig uit die Bybel te lees of Sondae vir ’n uur of twee na GOD se Woord te gaan luister nie. Of dalk is ek en jy die man wat toelaat dat die bekommernisse van die lewe hom só vasvat dat die saad wel opkom, maar gou deur die onkruid en dorings verdring word.

Om GOD se Woord te hoor is goed, maar om daarna te luister en te probeer hoor wat die Heilige Gees vir jou wil sê, dit is die beste. GOD het met soveel sorg en fyn beplanning toegelaat dat skrywers, onder leiding van die Heilige Gees, die hele Bybel kon neerskryf sodat ek en jy ook die stem van die Heilige Gees kan hoor. Die Heilige Gees maak vir jou vensters oop sodat jy GOD en Sy koninkryk kan raaksien. Ja, sodat elkeen wat in Jesus glo, die versekering kry dat hulle eendag saam met Jesus in die hemelse tuine gaan rondstap. Jesus wil só graag vir jou meer van Sy Vader vertel. Spits dus jou ore as jy die Bybel lees en sien raak hóé wonderlik GOD se liefde is. Ek kan my nie voorstel dat daar iewers op aarde ’n beter plek is as om aan Jesus se voete te sit en na Sy stories te luister nie!

Om te hoor en te luister

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles