Vergeetgoed

Vergeetgoed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Daar is geen pille teen vergeet nie; nie ‘n chemiese konkoksie nie, nie ‘n swam wat iewers in ‘n reënwoud op ‘n boomstam met ‘n onuitspreeklike naam groei nie, nie die ekskresie van ‘n naglopende rot wat mens van ‘n Kalahari-bossie af skraap nie. Al is jy geseënd met ‘n duisendjarige Nooienshaarboom in jou tuin en trek jy gereeld tee van sy blaartjies, gaan jy nog steeds een of ander tyd iets vergeet.

Vir die Chinese is hierdie boom amper iets heiligs, omdat dit een van die oudste bome op aarde is en hulle baie vroeg al  die medisinale waarde daarvan ontgin het. Vandag wil natuurlike genesers dit hê dat Gingko Biloba, die verfynde produk van die Nooienshaarboom, Alzheimer se Siekte tot ‘n groot mate kan inhibeer. Daar is trouens vele suksesverhale beskikbaar, maar teen die algemene vergeetsiekte is daar nog steeds geen wonderkuur nie. Klein kindertjies vergeet om te kyk dat die regte skoen aan die regte voet pas voordat hulle dit aantrek. Oumense vergeet om die hond kos te gee, of om die kraan in die tuin toe te draai. 

En tussenin lê daar ‘n sandstrand van vergeet-korreltjies. My groot vergeet kom al met my saam vandat ek begin kosmaak het en ek kry dit na amper ‘n leeftyd nog nie afgeskud nie : ek vergeet om die hitte onder die ryskastrol laag te draai. So taks! Keer op keer! Dis egter wanneer ek op die groot stoel in my voorkamer in vergetelheid op reis gaan na ‘n plek waar Confucius met sy lang, wit, puntige baard saam met my op ‘n bankie in ‘n Japanese tuin sit en filosofeer, dat die vergeetgoed van die lewe in sy woorde op die aroma van ‘n fragnipani na my toe aansweef.  Dit wat die vername man soek, lê al die tyd binne homself.  

Is vername mense altyd gelukkig? Kan ‘n mens geluk meet aan die sukses wat jy behaal het?  Ons aanvaar dat mense wat in die kalklig beweeg en mense wat vereer en beloon word vir uitmuntende werk, vanselfsprekend gelukkig sal wees. Tog het ons geen idee hoe dit in die binnekamers van hul spoghuise en hartkamers gesteld is nie. Mense kan hulself vir jare aaneen tot op die kruin van sukses dryf,  juis om ‘n leemte te probeer vul en wanneer hulle hul vlaggie op die kruin van hul eie Everest inplant, juis hulle eensaamste uur beleef. Die sege-oomblik verander in ‘n pelgrimstog  van selfondersoek, want sukses is nie noodwendig ‘n vereiste vir geluk nie.

‘n Ander slim ding was hierdie wyse ou man gesê het was : Om ewigdurende geluk en wysheid te kan geniet, moet mens bereid wees om te verander. Ons is geneig om te vergeet dat die wêreld waarin ons woon gedurig besig is om op alle vlakke te verander. Niks op hierdie ondermaanse bly konstant nie; daar is voortdurende woelinge en skommelinge wat ons meesleur en rondgooi. Nes ons dink ons kan terugsit omdat ons lewensbootjie deur die witwater is,  gryp die volgende stroomversnelling ons. Daardie paar minute van kalm vaarwater word ons gegun om te versit en ‘n nuwe strategie uit te werk. Om die kennis van die vroeër ervaring in so ‘n mate toe te pas dat die volgende hindernis ‘n plesier eerder as ‘n nagmerrie sal wees.

Confucius het ook gesê (en dit is my gunsteling) : Daar is niks moeiliker as om ‘n swart kat in ‘n donker vertrek te probeer vang nie, veral as daar nie ‘n swart kat is nie. Ons vergeet dat swart nie ‘n kleur is nie; dit is net ‘n tydelike gebrek aan lig; desnieteenstaande  val ons so maklik in daardie donker gat van depressie wanneer dinge verkeerdgaan. 

En as ‘n mens eers daar in is, dan begin jy na daardie swart kat soek. Jy sien kwansuis sy ogies blink, jy hoor hom hardloop, soms miaaw hy selfs, maar in jou eie verduisterde siel vergeet jy dat die kat nooit saam met jou ingekom het nie. Dalk is  die wyse ou man se beste raad:  moet nooit vergeet om te onthou nie!

Carine Badenhorst

Vergeetgoed

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles