Barton se wynproe-strategie

Barton se wynproe-strategie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Jy proe wat jy proe in wyn en niemand kan vir jou sê wat jy moet proe nie,” is die mening van PJ Geyer (Algemene Bestuurder, Wynmaker en Wingerdbouer) van Barton Vineyards. “Al wat ek met my wyne doen, is om die natuur te neem en dit in ‘n glas te sit en my filosofie is taste and feel, never think and do!”

Hierdie siening het PJ ook tydens Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms gehandhaaf deur hom nie veel aan die professionele telkaart te steur nie, maar eerder te fokus op die teenwoordigers se eie ervaring van die wyne wat geproe word. Voorsitter Theuns Roodman het almal verwelkom, met spesiale verwysing na gaste en die aanbieder. PJ Geyer is ‘n gebore Vrystater (vanaf mielielande na wingerde!), maar met deeglike wynbou-ervaring, onder andere vanuit die leerskole in die VSA, Nieu-Seeland en Frankryk (by verskeie kelders), asook hoogaangeskrewe wynkelders in die Kaap. Die uitstekende Bartonwyne wat te proe aangebied is, is Barton Blanc (2014), Sauvignon Blanc (2014), Chenin Blanc (2014), Pinot Noir Rose (2014), Shiraz/Cabernet Sauvignon (2011), Merlot (2013), Surprise Blanc (2014) en Surprise Rouge (2011). Die wynproeërs het deurgaans sterk silwer- of goudtoekennings gemaak. Great White House in Kleinbaai se kombuispersoneel het gesorg vir ‘n smaaklike en wyn-komplementerende ete: Beef Symphony en Lemon Heaven as nagereg, met komplimente aan die personeel wat selfs vir ‘n gluten-allergiese gas voorsiening gemaak het. Die gebruiklike blyke van waardering teenoor die aanbieder en kombuispersoneel is gedoen en die res van die aand het gesellig verloop soos net Gansbaai Wynproegilde dit kan doen.

Vir meer besonderhede rakende die op-en-wakker Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Barton se wynproe-strategie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles