Brandweer Strategiese Sessie

Brandweer Strategiese Sessie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sowat 50 lede van Overstrand Brand en Rampbestuur, asook offisiere, het vanaf 14 tot 16 Mei 2015 by Strandskloof Karavaanpark vir ‘n strategiese sessie bymekaargekom. Die doel van die byeenkoms was om aan spanbou te werk en besprekings in die algemeen te voer, asook om oor die vorige brandseissoen te praat.

Elke Divisie Bevelvoerder het geleentheid ontvang om oor hul onderskeie portefuljes met die manne en vroue te praat. Maar daar is ook op groot pret, sport- en spanaktiwiteite soos “touch” rugby, wollie ball en sokker gefokus, asook enkele boeresportitems soos eierloop, kruiwastoot en die uitduik van items in die swembad. Egte brandweer-“sport” is nie afgeskeep nie: “tyre-flip” kompetisies en die uitrol en oprol van brandslange was ook aan die orde van die dag, wat nogal aanskoulik was om te aanskou.

Die groep is in 4 spanne opgedeel en “pryse” vir die beste spantye kon gewen word. Saterdagaand het hulle met ‘n gesellige skaapbraai afgesluit. Oor die algemeen beskou, kan dit as ‘n suksesvolle en insiggewende spanbousessie beskou word, met die kweek van ‘n onderlinge spangees - iets wat vir hulle in soms moeilike werksomstandighede van groot belang is.

Hardus Botha

Brandweer Strategiese Sessie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles