Om van Potte en Plante te leer

Om van Potte en Plante te leer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Margi Muller van Franskraal het dit op haar geneem om dames te werf vir die bywoning van inligtingsessies oor potte, plante en tuine deur Matilda van Groeneweide Kwekery en Koffiewinkel (voorheen Joli Fleur). “Ons eerste sessie het oor die benadering van grond en die voorbereiding daarvan gehandel,” vertel Margi.

“Die tweede inligtingsessie was eweneens interessant en leersaam toe ons geleer is hoe om ons eie potte vir plantjies te maak, met Matilda en Rina wat die plantjies aan ons voorsien het.” Sy sê so tussen alles deur sorg Rina vir tee, koffie en smaaklike koek. Die naamlys van belangstellende dames is al verby 20 en dit wil voorkom asof dit beslis gaan uitbrei.

Verdere inligtingsessies is nog in die pyplyn waartydens dames van die ABC van potplante, tuine, plantvoedingstowwe en dies meer sal leer. Enkele webtuistes waarna verwys word en besoek kan word, is Mycorrhizal fungi, Dr Linda Chalker-Scott en Humus. Matilda of Rina van Groeneweide Kwekery en Koffiewinkel kan by 076-227-1578 gekontak word.

Belangstellendes in die inligtingsessies kan vir Margi by 082-921-3129 of 028-384-0833 skakel vir algemene navrae, of stuur ‘n epos aan haar by pixi@telkomsa.net.

Hardus Botha

Om van Potte en Plante te leer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles