Margi Muller van Franskraal het dit op haar geneem om dames te werf vir die bywoning van inligtingsessies oor potte, plante en tuine deur Matilda van Groeneweide Kwekery en Koffiewinkel (voorheen Joli Fleur). “Ons eerste sessie het oor die benadering van grond en die voorbereiding daarvan gehandel,” vertel Margi.
“Die tweede inligtingsessie was eweneens interessant en leersaam toe ons geleer is hoe om ons eie potte vir plantjies te maak, met Matilda en Rina wat die plantjies aan ons voorsien het.” Sy sê so tussen alles deur sorg Rina vir tee, koffie en smaaklike koek. Die naamlys van belangstellende dames is al verby 20 en dit wil voorkom asof dit beslis gaan uitbrei.
Verdere inligtingsessies is nog in die pyplyn waartydens dames van die ABC van potplante, tuine, plantvoedingstowwe en dies meer sal leer. Enkele webtuistes waarna verwys word en besoek kan word, is Mycorrhizal fungi, Dr Linda Chalker-Scott en Humus. Matilda of Rina van Groeneweide Kwekery en Koffiewinkel kan by 076-227-1578 gekontak word.
Belangstellendes in die inligtingsessies kan vir Margi by 082-921-3129 of 028-384-0833 skakel vir algemene navrae, of stuur ‘n epos aan haar by pixi@telkomsa.net.
Hardus Botha