Beroepsvoorligtingsdag

Beroepsvoorligtingsdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vrydag 15 Mei het die Rachel’s Angels Organisasie ‘n beroepsvoorligting dag vir al die graad 10 en 11 leerders gehou. Die leerders het deur die dag motiveringspraatjies gekry sowel as ‘n forum van mense in die bedryf wat vir hul loopbaanmoontlikhede verduidelik het. Afgevaardiges van die Universiteit van Stellenbosch was ook teenwoordig. Jolande Sauls, Bestuurder van Ikamva Jeugsentrum, het die verrigtinge begin nadat die leerders heerlike koffie en muffins ontvang het. Sy het haar lewensrys vertel en hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het.  

Die leerders het na die tyd kans gekry om aan haar vrae te vra. In die paneel wat die forum gelei het was Anzio Abels van die Two Oceans Aquarium, Anchelle en Joan de Villiers van Grootbos, De Wet Schoeman die direkteur van Centre for Applied Entrepreneurship asook Spurgeon Wildon en Heindrich Wyngaard (Trustee: Rachel’s Angels). Die groot fokus van die dag was om leerders die belangrikheid van entrpreneurskap te leer en hoe om bo hul omstandighede uit te styg.

Die leerders is ook toegespreek deur Luzelle Lestrade, Trustee van Rachel’s Angels en sy is ook ‘n motiveringsspreker. Die dag is afgesluit met ‘n uitstalling en inligtings tafels waar die leerders inligting kon ontvang van elke instansie.

Liezel Mostert

Beroepsvoorligtingsdag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles