Two Oceans Loopbaandag

Two Oceans Loopbaandag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Vrydag 15 Mei 2015 is Gansbaai Academia deur die Two Oceans Aquarium besoek om loopbaan moontlikhede ten toon te stel. (Gansbaai Academia bied dalk Maritieme Wetenskap (Marine Sciences ) aan). Die span het opgedaag met ‘n “mobiele aquarium”. Die kurrikulumhoof van die distrik, Jenny Bridgeman, het ook die dag bygewoon. Leerders is aan see-organismes blootgestel en het gekyk en gevoel aan die seediertjies. 

Die inligtingsessie is deur Thabo Sebeko aangebied. Die hoof van Onderwys in Maritieme Wetenskappe (Marine Sciences) by die Two Oceans Aquarium,  Russell Stevens het persoonlik uitgekom om die dag by te woon. Saam met hom was ook Anzio Abels. ‘n Maritime Wetenskap klub gaan gestig word ( en die belangstelling onder die graad 9’s is enorm) waar ‘n gekose groep leerders een maal ‘n week deur die akwarium se personeel onderrig gaan word in onder andere seelewe en organismes.

Tans is daar gesprekvoering en ‘n sterk moontlikheid dat in 2016 of 2017 met Maritime Studies of een van die volgende vakke Oseanografie, Maritime Ekonomie en Nautical Wetenskappe by die skool begin gaan word. Die prinsipaal, mnr  Tommy Wilson, was reeds twee weke gelede genooi na samesprekings met Russel Stevens en tersiêre inrigtings soos Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, UWK en KPUT vir ‘n voorneme om ‘n kurrikulum saam te stel.

Gansbaai Academia mag dalk die hele Whale Coast area met hierdie vakke bedien. Nie net word dit gesien as ‘n makliker pad na die vloot nie, maar kan Academia leerders universiteite toe stuur  om in hierdie vakke te spesialiseer. Daar is alreeds hoë vlak samesprekings.

Liezel Mostert

Two Oceans Loopbaandag

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles