Baie geluk aan die volgende persone.
Nog 'n jaar ouer !!
Junie 3 P. Bester
6 Mev A du Preez
8 Dr P. Du Toit
11 June Rahn (wat 'n mylpaal 80jaar en speel nog gholf)
Woensdag Sloegters 27 Mei
Naaste aan die penne: Bobby Brandt en Bev Swart( op twee gate). Die Jackpot is gewen deur Johan Coetzee op Gate 10, 12 en 18. Die man speel nou kookwater gholf.
1. Johan Coetzee 41
2. Steve Muller 39
3. ET Engelbrecht 38
4. Daan Victor 38
5.. Solly Wessels 35
6. George Hunt 35
Vrydag Hoenderkompetisie (OK) 29 Mei
1. G. Hunt 20
2. Daniel van der Merwe 17
3. J. Nell 17
4. ET Engelbrecht 17
Een Spogtwee Leon Hattingh en naaste aan die pen J. Nell.
Saterdag 30 Junie
Net drie gholfers het die gure weer aangedurf en ook net nege gate gespeel. Hier het Steve Muller koning gekraai met 17 Punte. Die man se voorgee het ook pragtig afgekom.
Baie geluk Steve.!!!
Die ledetrekking op Vrydag by die steakbraai het Johan Wiese R1000 ryker gemaak.
Die steakbraai was weer eens 'n reuse sukses danksy Jakkie Beukes, Daniel van der Merwe en Dr JP Bosman (bygestaan deur Lambert Smith) wat die amptelike braaiers is.
Baie dankie ook aan die dames van die klub wat vir die heerlike slaaie en broodjies gesorg het.
Ria van der Merwe is die sameroepster en sy sorg dat al die vrouens 'n beurt kry.
Ons ligaspan het 5 teenoor 3 verloor op Kleinmond maar behoort nog bo-aan die puntelys te wees.
Saterdag 6 Junie speel hulle teen Bredasdorp hier en ons wens hulle net die beste toe.
Jannie Brandt
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com