Uiteindelik, geelbek!

Uiteindelik, geelbek!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Heeljaar deur word gehoop dat die geelbek sal begin byt. En hoeveel keer is die weer gebruik om te besluit, vandag is die dag? Maar net soveel keer het die hoop beskaam en word daar maar weer gehoop op die volgende keer. Verlede Woensdag was die uitsondering. Terwyl die meeste van ons gereken het dis maar weer so het die manne wat hierdie goed verstaan die tekens reg gelees en besluit hierdie keer is daar pêrre en afgesit see toe. En het die manne nie goed gevaar nie! Jy sal seker kan sê maar die vangs is ook nie só wonderlik nie! Maar dit was hoogtyd en na so ‘n periode moet ‘n mens dankbaar wees en natuurlik ís die vangs dan goed.

Ek het so bietjie met ‘n baie vriendelike skipper Henry Valentyn, van Blompark gesels en hom toe die vraag gestel hoe hy geweet het dat die geelbek daar gaan wees. En sy antwoord? ‘n Logiese, “ Dis mos die tyd van die jaar en die weer is mos reg”. Wat meer het ek verwag? Daar was heel paar bote uit en behalwe ‘n paar bakke geelbek is ook makriel, mooi silwervis, geelstert, kabeljou en baie haai gevang, wat natuurlik vir die kommersiële manne baie beteken.

Die probleem is natuurlik dat die weer wat hierdie geelbek aan die byt gebring het juis kan veroorsaak dat baie bote dit nie op see kan waag nie. Die manne wat vir hierdie tipe ding ingestel is en voordeel daaruit kan trek en die regte bote daarvoor het sal die situasie mooi dophou.

Vir die res van ons, moet nie geelbeklitis opdoen en onnodig die see infoeter nie! Tussenin sal wel kans wees en dan is die tyd om dit te benut. Let wel, dis groot visse en gebruik maar ‘n ordentlike lyn en respektabele hoek. Soos ek nou die see aanskou (en daar word selfs erger voorspel) sal dit beslis nie wenslik wees (om dit saggies te stel) om met’n boot op die see te waag nie. Maar daar word wel so ‘n dag of wat stiller dae voorspel en dán moet jy reg wees. Die afwagting is daar, geniet dit! Groete, Seemeeu

Uiteindelik, geelbek!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles