Dr Lisel Joubert bekroon

Dr Lisel Joubert bekroon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dr Lisel Joubert is onlangs bekroon vir haar boek, Ontmoeting met Heiliges - Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het, uitgegee deur Naledi Uitgewers. Sy het die boek teen die einde van 2013 in Gansbaai bekendgestel, wat haar nou die groot eer van die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk op die hals gehaal het. Gerrit Brand se weduwee, Lucia Brand, het die prys aan Lisel oorhandig.

“Hierdie prys is verlede jaar deur die Andrew Murray-prysfonds ingestel om Christelike- en Teologiese debuutwerk in ‘n amptelike taal van Suid-Afrika te bekroon,” skryf dr Fritz Gaum aan Gansbaai Courant.

Vanjaar was daar ‘n groot aantal inskrywings deur 6 uitgewers vir hierdie prys - in Afrikaans, Engels en Sotho, met Lisel se boek wat eenparig deur die beoordelaars as die wenboek aangewys is.

Volgens die beoordelaars is dié boek besonder toegangklik geskryf, wat van uitstekende en goeie navorsing getuig. Die bykans 60 “heiliges” wat in die boek ter sprake kom, word so beskryf dat die leser hulle as vlees-en-bloed-mense met hulle sterk- en swakpunte ontdek, maar altyd binne die konteks van hulle tyd. “Jy ontdek nie net die ‘heiliges’ nie, maar ook die God wat hulle geïnspireer het,” skryf dr Gaum.

In ‘n onderhoud met die Kerkbode het Lisel gesê dat sy in haar boek sekere keuses gemaak het oor wie die “heiliges” is oor wie sy sou skryf. Sy het haar keuse laat bepaal deur mense binne die raamwerk te plaas van “persone wat ander se verbeelding aangegryp het (of aanstoot gegee het), omdat dit wat hulle in die evangelie verstaan het, hulle anders laat lewe het”. Sy skryf in die inleiding van die boek dat heiligheid deur die jare baie dinge vir baie mense beteken het, maar dat sy juis op mense wou fokus wat in hulle konteks iets van die evangelie beliggaam het.

Lisel is met Deon getroud en vertel van haar twee kinders, Maya en Frederik (aan wie sy die boek opgedra het) wat nog dink hulle ma is “cool”.

Lisel is al 13 jaar by TEEC betrokke, wat teologiese opleiding deur afstandsonderrig aan mense dwarsoor die land verskaf en sy sê sy sou baie armer gewees het sonder daardie blootstelling. Tydens die destydse bekendstelling van Lisel se boek, het prof Robert Vosloo, dosent in Ekklesiologie aan die Fakulteit Teologie, US, onder andere gesê ‘n boek soos hierdie kan in sentiment verval, wat hier nie die geval is nie. Mense leef in vergeetagtigheid oor Bybelse kontekste en hierdie boek dra by tot die verstaan daarvan en derdens kan ‘n boek soos hierdie ‘n versoeking wees om Christelikheid te vergeestelik, maar nou word die leser daaraan herinner hoe diep hierdie “heiliges” werklik gedryf is. Naas etlike interessante agtergrondginligting, asook verduidelikings oor die begrip “heiliges” vanuit verskeie perspektiewe, word bykans 60 “heiliges”, bekendes en minder bekendes, volledig in die boek bespreek. Baie geluk aan Lisel vir hierdie eer wat haar te beurt geval het.

Hardus Botha

Dr Lisel Joubert bekroon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles