Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ferdi van Dyk (24) van Stellenbosch het op 7 Junie 2015 ‘n yslike kabeljou van 11kg gevang. “Ek het die kabeljou by die sandduine anderkant Uilenkraalsmond gevang,” vertel hy.

“Ons wou eintlik steenbras vang, toe dié grote die hoek vat en loop, en dít nogal in die winter.” Die kabeljou is 103cm lank en is met ‘n 3/0 hoek en bloedwurm gevang. Ferdi se optrede daarna sal menige hengelaar se hare laat rys, aangesien hy die pragtige kabeljou net ge-“tag” het en weer vrygelaat het nadat die voorbladfoto geneem is.

"Ek doen graag ‘n beroep op hengelaars wat die kabeljou weer vang, of enige ander vis wat ge-tag is, om my asseblief te kontak,” versoek Ferdi. Sy e-posadres is oritag@ori.org.za (031-328-8159) of hy kan by 082-678-6833 geskakel word. Hy sê hy sal dit waardeer indien die volgende inligting dan verskaf kan word: lengte van vis; spesie; datum wanneer gevang; plek waar gevang; ID-nommer op tag.

Ferdi is ‘n Finansiële Beampte by die Frederick van Zyl Instituut aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ook die seun van ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente, wat self gaande daaroor is om so gereeld as wat daar tyd is, ‘n “ou lyntjie nat te maak”, veral vanaf sy boot, “Huisbesoek”. “Onthou tog net - Ferdie het sy kabeljou sonder Huisbesoek se hulp gevang het!” sê Dirk.

Hardus Botha

Ferdi se 11kg Kabeljou vrygelaat

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles