Twee verlaat Build-It na jare

Twee verlaat Build-It na jare

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee bekende gesigte by Build-It, Bennie Otto en Nicolette Otto, het Build-It gedurende die afgelope week verlaat. Bennie was vir die afgelope 10 jaar en 8 maande deel van die personeel en was “Jack of all trades”, om sy eie woorde te gebruik.

Bennie gaan nou meer gespesialiseerd werk as Streeksbestuurder van Plumlink wat ‘n tak in Hermanus gaan open. “Ek beskou dit as ‘n groot uitdaging, veral omdat ek slegs twee weke tyd het om alles voor die amptelike opening in gereedheid te kry, nadat ek ‘n week by hulle hoofkantoor in die Kaap spandeer het,” het Bennie gesê. Hy bly egter in Gansbaai aan en sal heen en weer na Hermanus ry.

Nicolette was sowat 6 jaar en 6 maande by Build-It se voorrade-ontvangsafdeling betrokke. Sy het ‘n pos by Romansbaai Perlemoenplaas aanvaar en sal daar ook in hulle voorrade-ontvangsafdeling werksaam wees. Ook sy sien haar nuwe pos as ‘n nuwe uitdaging. Altwee hierdie voormalige Build-It personeellede was bekend vir hulle vriendelike diens en goeie menseverhoudings.

Hardus Botha

Twee verlaat Build-It na jare

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles