Gansbaai se knap Vlieenier

 Gansbaai se knap Vlieenier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mauritz du Plessis, Gansbaai se bekende vlieënier, het onlangs aan die President Trofee Lugwedren in Bloemfontein deelgeneem. Sy seun, Christiaan du Plesis van Durbanville, ‘n professionele helikopter-vlieënier, het die vliegtuig gevlieg, met Mauritz as die knap navigator. Daar was 84 deelnemers wat aan die wedvlug oor ‘n tydperk van 2 dae deelgeneem het.

Die eerste dag (29 Mei) was die afstand 304 seemyl wat gevlieg moes word. Die volgende roete moes gevolg word: Vanaf Tempe Lughawe na Boshoff, na Petrusville (by die Van der Kloofdam) na die Gariepdam en terug na Bloemfontein. “Elke vliegtuig kry sy ‘handicap’ spoed vir die 2 dae, en om die wedvlug te kan wen moet die navigator van die winde gebruik maak en seker maak die roete word oor die kortste moontlik afstand voltooi,” vertel Mauritz. “Die navigators mag ook van geen elektroniese navigasie-toerusting gebruik maak nie en mag slegs basiese hulpmiddels soos kompas en kaarte gebruik om mee te navigeer.”

Op die tweede dag (30 Mei) was die afstand 272 seemyl en die roete was vanaf Tempe na Bultfontein, na Hertzogville en weer terug na Tempe, vanwaar hulle weer na Jagersfontein en Edenburg gevlieg het, alvorens hulle na Bloemfontein teruggevlieg het. Mauritz sê die hoogte wat gevlieg is, wissel van ‘n skrale 3 voet tot sowat 2,000 voet bo die grond, afhangende van die terrein en winde. “Toe ons oor die eindstreep gevlieg het om te gaan land, was daar 13 vliegtuie voor ons wat gelyktydig op dieselfde aanloopbaan moes land en was die spasieëring sowat 75 meter tussen elke vliegtuig, met ‘n landingspoed van sowat 160 km/uur!”

Die aanloopbaan wat hier ter sprake is, se lengte is maar 1.1 kilometer en dit moet sonder twyfel uitstekende vlieg- en veral navigasievernuf kos om seker te maak daar word ver genoeg agter die voorste vliegtuig geland. Christiaan en Mauritz het 48ste geëindig, wat uitstekend is vir hierdie kompetisie wat slegs een maal per jaar plaasvind. Trotse nuus is dat Mauritz reeds sy Springbokkleure as vlieënier gedurende Februarie vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Presisie vlieg te Brits verwerf het.

Die Springbokkleure mag egter eers aangetrek word nadat hy oorsee gaan deelneem. Mauritz vertrek op 10 Julie vanjaar om oorsee te gaan deelneem en ‘n volledige berig en foto’s in sy Springbokkleure sal kort daarna in Gansbaai Courant gepubliseer word.                                                

Hardus Botha

 Gansbaai se knap Vlieenier

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles