Burgemeester en IMATU sorg vir warmte

Vele kleuters se gesiggies het onlangs opgehelder oor snoesige warmgoed wat deur Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, raadsdame Nicolette Botha-Guthrie en lede van die Independent Municipal and Alied Trade Union (IMATU) uitgedeel is.

Onder andere is warm mussies en serpies aan kleuters van De Kleine Gansies (Gansbaai), Vrolike Vinkies (Mount Pleasant) en Siyabulela (Kleinmond) oorhandig. Francois Willemse, Voorsitter van IMATU in die Wes-Kaap, het soos volg verduidelik:

“Rather than the pool of funds derived from private telephone calls made by IMATU members over a period of time being allocated to an event for their enjoyment, a mandate was given to the IMATU Committee by its members to furnish the needs of a community project. To this end, the Mayor was approached for her input on where she thought the money could best be utilised.”

By De Kleine Gansies was dit die ene opgewondenheid en het raadsdame Botha-Guthrie nie gehuiwer om op haar knieë saam met die kleuters te sit en hulle ook op haar skoot te laat sit nie. “Indien ons op die behoeftes van hierdie kleuters fokus, sal hulle behoorlik toegerus wees wanneer hulle skool toe moet gaan,” het sy gesê. “Soos hulle vandag hier voor ons sit, kyk ons na die land se toekomstige leiers en daarom is ons daartoe verbind om toe te sien dat hulle toegerus word vir ‘n regmatige plek in die samelewing.”

Francois Willemse het haar woorde beklemtoon en gesê: “Our members are actively involved in community driven projects, as is evident here today. We feel that by ploughing back into our communities in this way we will inevitably reap the benefits of a better social order.”

Hy het ook bygevoeg dat dit ‘n verkeerde persepsie is dat vakbonde net daar is om te baklei en niks vir die gemeenskap doen nie - “dit is ‘n saak wat in die reine gestel moet word,” het hy gesê.

Hardus Botha

Agter, 3de van links staan Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie saam met IMATU verteenwoordigers en De Kleine Gansies personeellede