BARC se Noodkreet en Nuus

BARC se Noodkreet en Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan en Carine Lombard van Kleinbaai, asook hulle dogter, Candice, het onlangs aan BARC se noodkreet gehoor gegee deur ‘n pragtige donasie aan Gavin Huges (Veldwwerker) te oorhandig. Dit het bestaan uit katkos, hondekos, kosbakke, hondejassies (handgemaak), kombersies (self gebrei) en dies meer.

“Dis altyd ‘n groot plesier om ‘n ietsie vir die stomme diere te gee wat nie vir hulself kan praat nie,” het Carine gesê. Johan het bygevoeg dat hulle as gesin enige ander individu of besigheid uitdaag om dieselfde te doen.

Annalie Jonker van BARC het op haar beurt laat weet dat daar gedurende die afgelope 2 maande lootjies verkoop is, met ‘n skaap op die spel. Die wenner is ‘n persoon van Belhar in die Kaap, Edmund Neethling. “Dit het maar sukkel-sukkel gedurende Maart tot Mei gegaan en ons winkel was baie stil, met donasies wat ook baie afgeneem het,” sê Annalie. “Ek het die winkel bietjie mooigemaak en ons twee dames daar, Trivina en Rene, sal in Augustus al 6 jaar vir ons in die winkel werk.”

Annalie bedank ook graag almal wat lootjies vir die skaap gekoop het en ook almal wat BARC in die algemeen ondersteun en ook hulle winkel besoek. Sy verduidelik ook dat daar ‘n groot verskil tussen welsynwerk vir diere is en die beskerming en red van diere, wat BARC se hoofdoel is. Om honde dus op ‘n gereelde basis te voer, is ‘n pragtige gebaar, maar volhoubare versorging, beskerming, behandeling en redding van mishandelde en verwaarloosde diere is ‘n perd van ‘n ander kleur - daarvoor is ondersteuning, donasies en finansies broodnodig.

BARC Animal Welfare Gansbaai kan in hierdie verband ondersteun word deur middel van donasies, ondersteuning van en skenkings aan die BARC-winkel oorkant Kekkel-en-Kraai, asook met die aanneem van diere.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC se Noodkreet en Nuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles