Wanneer het genade in ongenade verander?

Wanneer het genade in ongenade verander?

Gansbaai Courant

“Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde. En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” (Luk 7:47,48)

Ek lees net nou die dag hoe ’n man vertel dat hy ’n verwaarloosde en verslonste prostituut raakloop wat geld bedel. Sy vertel hom toe dat sy haar 2-jarige dogtertjie uithuur aan mans omdat dit meer geld inbring as wat sy self kan kry met prostitusie. Sy het die geld nodig vir haar eie dwelm probleem. Die man besef dat hy hierdie vrou sal moet laat aankla vir kindermisbruik, maar vra haar toe ook waarom sy nie na ’n kerk gaan vir hulp nie. “Kerk!” skreeu sy, “Hoekom sal ek ooit daarnatoe gaan? Ek voel alreeds só sleg oor myself. Hulle sal my net slegter laat voel!”

Dit het my dadelik laat dink aan die gróót genade en deernis wat Jesus bewys het aan ’n soortgelyke vrou wat in die huis van ’n vername kerkman van Sy tyd, Simon die Fariseër, ingekom en Jesus se voete met haar trane gewas en Sy hare met duur olie begin salf het. (Lees Lukas 7:36-50) Simon is soos die kerk op baie plekke. Altyd gereed om sekere mense te veroordeel en om mense uit die kerk uit te stoot met “ongenade”. Inplaas daarvan om soos Jesus aan alle mense genade te betoon, is ons in ons gedagtes besig om mense van GOD se genade af weg te jaag.  Dink maar net hoeveel mense deur die eeue verbied is om hulle voete in die kerk te sit!

My vraag is vandag aan jou en elkeen wat homself ’n Christen noem: Waarom is daar in die wêreld van ons tyd só min genade vir mense wat “sleg” is in ons oë? Wat het al twee hierdie vroue waarvan ons hierbo lees in gemeen gehad? Hulle wil na Jesus toe vlug en nie weggejaag word nie. Hoe slegter ’n mens oor homself of haarself voel, hoe meer het daardie persoon vir Jesus nodig! Is dit nie waar wat Jesus hierbo sê nie? As jy dink jy is beter, dat GOD darem nie nodig gehad het om jou só baie sondes te vergewe nie, dan bewys jy maar min liefde (genade) aan mense wat slegter is in jou oë! Man, as ek darem maar dink hoe maklik ons die regering en die “slegte” mense veroordeel en kritiek uitspreek – dan is genade nie ’n woord wat baie in ons lewe toegepas word nie! Die manier waarop ons na dronk mense of dwelmverslaafdes kyk laat my besef dat ek maar min van Jesus se liefde en genade in my lewe het.

Mag ons almal vandag ’n bietjie meer genade aan sulke mense betoon deur elke dag te bid dat GOD se Gees in ons én hulle begin werk. Ja, bid elke dag vir die regering, die misdadigers, die prostitute, die dwelmverslaafdes , die bedelaars – maar begin self om meer genade aan hulle te betoon – deur wat jy sê, dink en doen met liefde en genade te vul!

Wanneer het genade in ongenade verander?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles