Stillewe

Stillewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Stillewe" op die gebied van fotografie is ‘n kuns in eie reg, maar ook nie té moeilik nie, mits die korrekte metodes aangewend word.

Gansbaai Fotografieklub se Jane Bailey het hierdie stelling met haar onlangse aanbieding bewys. Voor die aanvang van haar aanbieding het voorsitter Riaan Jacobs na die klub se uit-naweek, waar stillewe foto’s geneem is, verwys en gesê dat dit ‘n fantastiese naweek was. Marc du Plessis het van die foto’s vertoon, asook Linda Kloppers se uitsonderlike AV van berge. Tydens haar aanbieding het Jane vele nuttige wenke vir die neem van “stillewe”-foto’s verskaf. “Dit moet nie net ‘n ‘uitstalling’ wees nie, maar enige iets wat nie lewe nie en die fotograaf moet kreatief en ‘uit die boks uit’ dink,” het sy gesê.

Sy het enkele van haar uitsonderlike stillewe foto’s vertoon, waarop sy kommentaar gelewer het. “Indien inkomende lig by ‘n venster gebruik word, kan ‘n reflektor (weerskaatser) benut word om die skaduwees te verlig,” het sy gesê. “Selfs ‘n stuk tinfoelie kan vir hierdie doel gebruik word en onthou dat kleur ‘n belangrike faktor is, veral rooi vir ‘n voorwerp en groen vir agtergrond, soos ‘n rooi blom teen groen blare wat effens uit fokus kan wees.”

Enkele ander nuttige wenke wat Jane beklemtoon het, is: die belangrikheid van ‘n drie-poot; beligting; komposissie; minstens 2-3 of meer onderwerpe; die geheelbeeld moet ‘n storie vertel; die agtergrond moet nooit die onderwerp oorheers nie, maar komplementeer; hout dra by tot ‘n gevoel van ‘warmte’; onderwerpe kan na eie voorkeure geplaas word; onthou dat die menslike oog in swart-en-wit foto’s eerste na die wit gedeelte kyk; voedsel is ook ‘n goeie idee, maar die kyker moet lus voel om dit te proe; hoogte, laagte en diepte speel ook ‘n belangrik rol, asook kerse en kerslig.

Klubbyeenkomste vind elke 1ste en 3de Maandag plaas en kundiges of nie-kundiges is welkom om aan te sluit. Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, http://gansbaaiphotographyclub.co.za (ook http://gbpc.co.za).

Vir navrae kan voorsitter Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word.

Hardus Botha

Stillewe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles