Lions se bederfie aan Bejaardes

Lions se bederfie aan Bejaardes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Lionsklub het gesorg vir ‘n smaaklike en gesellige Moedersdagete op 10 Mei vanjaar aan die inwoners van Herberg-aan-See, asook Silwerjare Dienssentrum. Die Moedersdagetes aan dié twee tehuise het reeds ‘n jaarlikse instelling deur Gansbaai Lionsklub geword en bestaan elke jaar uit ‘n hoenderbraai. Die Lions-manne het vir die braaiwerk gesorg, waarna die smaaklike ete met gebakte poeding afgerond is. Daarna is al die inwoners huis toe met ‘n ietsie soet vir later die middag (sjokolade in die hand). 

“Ons geniet dit net soveel as die bejaardes,” sê Johanna le Roux van Gansbaai Lions. Verder het Jan le Roux dit ook goedgedink om ‘n paar ex-Lions op 2 Junie vanjaar vir kaas en wyn by die klubhuis te nooi. “Ons het lekker gesels en saamgekuier en ons was ook bevoorreg om ons eerste President van Gansbaai Lionsklub, asook van die stigterslede, by ons funksie te kon hê,” sê Jan. “Ons gaan beslis binnekort weer so ‘n funksie aanbied.” Gansbaai Lionsklub bedank graag vir Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods vir hul bydrae ten opsigte van die ete, asook Chris Boshoff van Birkenhead Brouery vir sy wynskenking.

Hardus Botha

Lions se bederfie aan Bejaardes

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles