Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie knap Gr 7 leerder van Laerskool Gansbaai, Niel Engelbrecht (13), is onlangs met dubbele prestasies verras.

Eers is ‘n skrywe deur Laerskool Gansbaai uitgereik dat hy op 13 Mei vanjaar benoem is om as ‘n Leerlingraadslid op die skool se leerlingraad van 2015 te dien. “Niel het die afgelope paar maande bewys dat hy besondere leierseienskappe het en die Leierspan en personeel wil hom graag die geleentheid gee om hierdie leierseienskappe te ontwikkel en uit te bou tot voordeel van Laerskool Gansbaai en sy mede-leerders,” lui die skrywe deur die skoolhoof, mnr Eben van der Merwe. Intussen het ‘n welverdiende tweede eer oor sy pad gekom. Niel is gekies om aan vanjaar se Craven Week Kampe deel te neem.

“Ons laaste Craven Week leerder was Jaco Erasmus in 2009, sewe jaar gelede,” het mnr Van der Merwe gesê. Vir hierdie groot eer, enige laerskoolleerder se droom, het Niel hard gewerk en hy is ook verlede jaar as die skool se Sportman van die Jaar aangewys. Eers was dit Suid-Boland Proewe, Boland Proewe, Verkose Boland Laerskool Spanne en Craven Week Proewe en nou wag die Ware Jakop, 2015 se Craven Week Kampe as losvoorspeler op hom. Hierdie dubbele eer is sekerlik ‘n groot trots vir sy ouers, Danie en Leana (van Omega) Engelbrecht.

Intussen het Niel ook ‘n skrywe van sy hoërskool van volgende jaar, Hoër Landbouskool Oakdale, se skoolhoof ontvang, waarin hy gelukgewens word en dat hulle daarna uitsien om hom volgende jaar as ‘n Oakdaler te verwelkom. Leana vertel dat Niel se pa, Danie, ook 34 jaar gelede aan die Craven Week Kampe deelgeneem het, asook ‘n kleinneef aan haar kant. “Dit lyk dus of rugby in die gene is,” het sy gesê. Baie geluk aan Niel met sy prestasies en baie sterkte met sy rugby-loopbaan word hom toegewens.               

Hardus Botha

Dubbele eer vir Niel Engelbrecht

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles