Waar om te gaan vang

Waar om te gaan vang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sommer groot makriele word gevang en daar is baie geelstert, maar hierdie visse is gewoonlik vol nonsens en nie almal weet hoe om hulle aan te keer nie.

Die slegte nuus is dat die geelbek blykbaar padgegee het, tog is daar die manne wat so onderlangs fluister dat hulle wel so ‘n paar gevang het. Somtyds is dit groot “brag”, maar as jy seker is die man kan vertrou word is dit belangrike inligting.

Hoe besluit jy waar om te gaan lê met die boot? Ek meen die beste raad is om eers die weer te bestudeer om te sien of dit raadsaam is. Die wyse ding is natuurlik om jou oor teen die grond te hou. Met ander woorde, luister of vra waar die manne was en wat gevang is  --  nie so maklik nie, hoor. Daar is van die ouens hier wat jy nie altyd kan glo nie, en dis liggies gestel! Hou ook in gedagte dat die plek wat jy vantevore op die GPS geplot het hierdie keer nie so produktief mag wees nie.

Die ander kwessie is dat hoewel die weer belowend lyk, is die plek wat jy in gedagte het veilig in die huidige situasie? Jy moet weet dat kondisies baie kan verskil van plek tot plek.Genoeg nou van veiligheid, daar is ander faktore wat jy ook in ag moet neem voor die finale beslissing. Kom ons neem aan jy het gehoor van die geelstert agter die Eiland. Klink mos belowend. Soos reeds gemeld is geelstert ‘n ander spesie. Die goed kan aan die loop gaan en dan is jy welkom om deel te wees daarvan. Die teenoorgestelde is net so waar. Almal sal jou verel hoe die geelsterte agter en om die boot swem en eenvoudig jou aas vermy. Dis natuurlik baie opwindend wanneer dit gebeur maar dis net so frusterend.

Afgesien van bogenomde kan hierdie visse nogal kieskeurig wees en enige Hardebaard sal jou kan vertel hiervan. Waarom hierdie lang relaas oor geelstert? Kom ons neem ook aan dat jy gehoor het dat daar makriel gevang is en in watter groot getalle. Kry nou jou prioriteie reg en besluit wat jy verkies  --  is dit die geelstert? Aangesien jy nog nie kan spog hoe bedrewe jy is met hierdie skelm visse nie sal dit ‘n beter opsie wees om vir die makriel te gaan. Liewer ‘n halwe eier as ‘n lëë dop! My punt is besluit eerder oor die beste opsie as om wildweg te gaan na ‘n plek waar jy dalk droëbek gaan sit. In elk geval, geniet jouself. Groete, Seemeeu

Waar om te gaan vang

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles