Birkenheaders tevrede

Birkenheaders tevrede

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub se hengelaars is heel tevrede met hul boothengelkompetisie van Saterdag, 6 Junie 2015. “Dit was ‘n pragtige skuitdag waarna ons almal uitgesien,” het voorsitter Philip Fourie gesê. 5 bote het ingeskryf, waarvan 4 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 13 wat deelgeneem het, waarby 2 juniors ingesluit was.

8 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 108 met 'n totale massa van 71.1kg, wat ‘n gemiddeld van 5.47kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg:

swaarste vis, Rikus de Wet (Geelstert - 2.2kg);
2de swaarste vis, Johan Burmeister (Geelstert - 2.15);
swaarste sak (11.75kg), Johan Burmeister;
2de swaarste sak (10.10kg), Philip Fourie;
swaarste bootgemiddeld (10.93kg), Nu-Nu van Johan Burmeister;
2de swaarste bootgemiddeld (5.20kg), Moyeni van Rikus de Wet;
Junior Swaarste sak (3.35kg), JP Uys.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (25.23kg);
Relêks 2 van Jean Downing (19.03kg);
Oupa van Ben Uys (18.49kg).

Mans Visvangkampioene -
Philip Fourie (27.90kg);
Johan Burmeister (24.25kg);
Jean Downing (23.85kg).

Dame Visvangkampioen -
Dixie Walsh (9.4kg).

Junior Visvangkampioene -
JP Uys (18.5kg);
Hennie Groenewald (11.85kg).

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 4 Julie 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie en dans die aand.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word, met klubnavrae en funksie-besprekings aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 of Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders tevrede

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles