Prof Jansen besoek Academia

Prof Jansen besoek Academia

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit is mos hoe 'n skool in Suid-Afrika moet lyk,” het prof Jonathan Jansen, Visie-kanselier en Rektor van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat tydens sy besoek aan Gansbaai Academia gesê.

“En behalwe vir die hoë standaard wat duidelik hier gehandhaaf word, is ek eweneens hoogs beïndruk met die netheid van die skoolterrein en geboue.” Die besoek aan Gansbaai Academia word as ‘n groot eer beskou nadat twee van die skool se leerders, Bianca de Koning, Hoofmeisie en topkandidaat in 2013, asook Andisiwe Wulana, topkandidaat vir 2014, volle studiebeurse vir hul studies aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat ontvang het - danksy prof Jansen.

“Ons beskou prof Jansen se besoek aan die skool as ‘n baie groot eer,” het die skoolhoof, mnr Tommy Wilson gesê. “Sy lewendige motiveringstoespraak aan die leerders in ‘n vol skoolsaal het baie vir ons beteken.” Prof Jansen het, kort voor sy toespraak, spontaan agter die skoolklavier ingeskuif en die kinders met ‘n pragtige, maar ook toepaslike lied, vermaak. Die skoolkoor het nie op hul laat wag nie en vir hom ‘n Xhosa-lied gesing. “Dit is pragtig,” het hy gesê, maar op sy eerlike en reguit manier bygevoeg dat hy met ‘n volgende besoek ook liedjies in Afrikaans en Engels sal wil hoor. Prof Jansen het met die mikrofoon tussen die leerders rondbeweeg en die gevoel is geskep dat hy letterlik nét met hulle praat - en nie sonder humor nie. “Dit is goed om hier by julle nie ‘rykes’ te sien uitstyg en ‘armes’ te sien platval nie,” het hy onder andere gesê. “Julle moet ook onthou om nooit ooit agter die woord ‘disadvantage’ te skuil nie, dit is deur en deur bewys dat jy nie agter jou omstandighede moet skuil nie, maar jouself desondanks bo jou omstandighede uit te bewys.”

Verdere goeie nuus is dat hy aan mnr Wilson bevestig het dat Bianca en Andisiwe nie die eerstes en laastes vir beurse was nie. “Dit voel byna asof daar nou ‘n ‘vennootskap’ tussen Academia en die Universiteit van die Oranje-Vrystaat ontstaan het,” het mnr Wilson gesê. “Prof Jansen het dit duidelik gestel dat hy vanjaar 4 topkandidate vir beurse soek en volgende jaar ses en dat hierdie tendens vir die toekoms moet voortbestaan, maar die uitvoering daarvan sal van die harde werk van die leerders afhang.” Tydens sy toespraak gedurende dieselfde tyd op ‘n vergadering met die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het hy die volgende onomwonde gestel: “Daar is baie druk op universiteite om meer studente toe te laat en ek kan teen 2019 sowat 39,000 studente inneem, maar nie ten koste van gehalte nie!” Een van die leerders, Simpiwe Yana, het spontaan aan mnr Wilson gesê: “The visit by prof Jonathan Jansen is the best thing ever happened to me this year!”

Hardus Botha

Prof Jansen besoek Academia

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles