Gansbaai was 1ste met Boomlusern

Gansbaai was 1ste met Boomlusern

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die oorsprong van boomlusern in Suid-Afrika is ’n boom wat dekades gelede naby die NG Kerk op Gansbaai as versiering geplant is. ‘n Visserman het gereeld by die Kanariese Eilande aangegaan en saad daarvan teruggebring.”

Hierdie aanhaling kom uit prof Hennie Snyman van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat se boek, Gids tot die volhoubare produksie van Weiding. Die hoofstuk oor die boomlusern, Boomlusern - ‘n wondergewas vir veeboere? (16.1.3) is deur Felix Reinders in ‘n Landbou Weekblad (datum onbekend) geplaas.

“Kyk net hierdie interessante opmerking oor Gansbaai en die boomlusern,” het Das van Dyk van Kleinbaai gesê. Prof Snyman skryf dat die boomlusern (Chamaecytisus palmensis, Chamaecytisus proliferous, Cystisus proliferous) nie net dieselfde voedingswaarde as gewone lusern het nie, maar dit groei in die vorm van ‘n struik wat net so afgevreet kan word. Die plant se lewensduur is 60- tot 80 jaar, is immergroen en kan dus die heeljaar kos in die vorm van vars groenvoer verskaf. Boomlusern kan ‘n plaas se weidingskapasiteit tot tien keer verhoog wanneer ‘n blok daarvan op gewone veld geplant word. ‘n Veld wat jaarliks sowat 1 ton gras per hektaar lewer, kan ongeveer 8- tot 10 ton vreetbare boomlusern per hektaar lewer.

Daar is ook geen blousuur in boomlusern nie en beeste kan heeljaar daarop loop en selfs 1kg gewig per dier per dag aansit, sonder om te vrek, terwyl die gevaar van vrektes wel by gewone lusern bestaan. “Die spasie tussen rye boomlusern moet met gewone aangeplante meerjarige gras, soos smustvinger (Eragrostis), beplant word. Dié meerjarige grassoort produseer fantasties, aangesien hulle toegang kry tot die gratis stikstof wat die boomlusern vrystel,” skryf prof Snyman.

Etlike ander wenke en inligting is op die webtuistes, www.boomlusern.co.za of www.treelusern.co.za, beskikbaar. Indien oud-Gansbaaiers dalk meer lig op Gansbaai se boomlusern dekades gelede kan werp, kan Gansbaai Courant gerus vir ‘n opvolgberig gekontak word.

 Hardus Botha

Gansbaai was 1ste met Boomlusern

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles