Profiel Corrie Franken

Profiel Corrie Franken

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bekende gesig agter Overcell Vodacom van Francois van der Westhuizen se toonbank, Corrie Franken (30), se profiel is nie op “lewensjare of ouderdom” gebaseer nie, maar beslis op haar manier van dienslewering. Geduldig, georganiseerd en sistematies, met ‘n stiptelikheid om klaar te wees met ‘n versoek wanneer sy gesê het sy sal klaar wees - sy luister na ‘n kliënt se probleem en los “gelyktydig” ‘n ander een se probleem op - tot altwee se tevredenheid.

Petronella Cornelia (Corrie) is op 12 November 1984 in Pretoria gebore. Haar pa en ma is Gawie en Kelly Linde, met Kelly wat Gansbaai Wimpy se Bestuurder sedert hulle opening is. Corrie het 3 susters: Trien (Crazy Store, Gansbaai), Jessica (Taphuis, Gansbaai) en Cathy (Pretoria). Corrie het in Hermanus grootgeword, was by Laerskool Okkie Smuts in die koshuis en daarna na Hermanus Hoërskool. Op 18-jarige ouderdom verwerf sy haar matriek via die Metro Training College en verhuis in 2002 na Gansbaai. Sy het ‘n dogter uit haar vorige huwelik, Bronwen Fourie (10) wat ‘n Gr 4-leerder van Laerskool Gansbaai is. Op 30 Maart 2012 tree sy weer in die huwelik met John Franken, ‘n bemanningslid van die vistreiler, Silver Snapper. “John het Bronwen reeds vanaf 3-jarige ouderdom soos sy eie dogter grootgemaak,” sê Corrie. Intussen het die egpaar ‘n seun ryker geword, Roy Franken (3). Aanvanklik het Corrie vir sowat 5 jaar by Elna Caravias in Shark Alley gewerk en daarna vir sowat 4 jaar by Studio Jo-Signs, waarna sy in Junie 2013 by Overcell Vodacom begin aflos het.  

Gedurende Oktober dieselfde jaar is sy permanent aangestel en moes sy haarself leer. “Daar was wel een of twee kursusse wat sy kon deurloop, maar as gevolg van die afstand na Kaapstad, moes sy haarself maar leer,” vertel Francois. “Dít het sy so goed gedoen dat kliënte gereeld na haar vra en die terugvoer oor haar dienslewering is puik.” En stokperdjies? “Nee-wat, my werk, my man, my huis en my kinders is my alles,” sê Corrie.

Hardus Botha

Profiel Corrie Franken

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles