Die lede van die Khoi Afstammelinge Eerste Nasie Komitee in Blompark, Gansbaai, het onder die leiding van Hoofvrou Eleanor Baartman onlangs na die inwoners en kinders in Blompark en Beverly Hills uitgereik. “Vier comforters (vir warmte) is ook aan vier behoeftige groot (ou) mense uitgedeel,” vertel Eleanor. “Dit alles is moontlik gemaak deur die hulp van buitelandse winkeleienaars wat geldelike bydraes gelewer het en Abata wat die comforters geskenk het.” Die komitee wil graag langs hierdie weg hul opregte dank en waardering teenoor hierdie mense uitspreek vir hul goedhartigheid.
Die kantoor van die Khoivolk is te Leeubekkiestraat, Blompark geleë en kom op Maan-dae en Donder-dae om 16:00 by hul sopkombuis bymekaar om sop en ‘n broodjie aan behoeftige mense en kinders uit te deel. Hulle rig graag ‘n versoek aan diegene wat nog wil bydra met enige warm-items vir die koue winter en sal dit hoog op prys stel. Eleanor Baartman kan by 062-486-6367 in hierdie verband geskakel word. Alle bydraers en donateurs sal die nodige erkenning via die media ontvang.
Tans bestaan die tydelike raad uit die volgende persone: Senior Hoofman Tommy Deutschen, Hoofman Mike Dunston, Hoofvrou Eleanor Baartman, Cedric Mouers, Deidré Baartman, Ivan Vries, Jacques October, Jane Lottering en Louis Jantjies.
Algemene navrae rakende die Khoi Afstammelinge Eerste Nasie Komitee kan aan Hoofvrou Eleanor Baartman by 062-486-6367 gerig word, of aan Hoofman Mike Dunston by 076-936-3051.
Hardus Botha