Khoi San reik uit

Khoi San reik uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die lede van die Khoi Afstammelinge Eerste Nasie Komitee in Blompark, Gansbaai, het onder die leiding van Hoofvrou Eleanor Baartman onlangs na die inwoners en kinders in Blompark en Beverly Hills uitgereik. “Vier comforters (vir warmte) is ook aan vier behoeftige groot (ou) mense uitgedeel,” vertel Eleanor. “Dit alles is moontlik gemaak deur die hulp van buitelandse winkeleienaars wat geldelike bydraes gelewer het en Abata wat die comforters geskenk het.” Die komitee wil graag langs hierdie weg hul opregte dank en waardering teenoor hierdie mense uitspreek vir hul goedhartigheid.

Die kantoor van die Khoivolk is te Leeubekkiestraat, Blompark geleë en kom op Maan-dae en Donder-dae om 16:00 by hul sopkombuis bymekaar om sop en ‘n broodjie aan behoeftige mense en kinders uit te deel. Hulle rig graag ‘n versoek aan diegene wat nog wil bydra met enige warm-items vir die koue winter en sal dit hoog op prys stel. Eleanor Baartman kan by 062-486-6367 in hierdie verband geskakel word. Alle bydraers en donateurs sal die nodige erkenning via die media ontvang.

Tans bestaan die tydelike raad uit die volgende persone: Senior Hoofman Tommy Deutschen, Hoofman Mike Dunston, Hoofvrou Eleanor Baartman, Cedric Mouers, Deidré Baartman, Ivan Vries, Jacques October, Jane Lottering en Louis Jantjies.

Algemene navrae rakende die Khoi Afstammelinge Eerste Nasie Komitee kan aan Hoofvrou Eleanor Baartman by 062-486-6367 gerig word, of aan Hoofman Mike Dunston by 076-936-3051.

Hardus Botha

Khoi San reik uit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles