Suster Kockie van Caledon

Suster Kockie van Caledon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“In die tyd wat Suster Kockie op Caledon gewoon en gewerk het, was ds Zietsman die predikant op Gansbaai. Hy nader Suster Kockie toe om as distriksverpleegster op Gansbaai te kom werk. Gansbaai is ‘n vissersdorp so 50km suid van Caledon…Suster Kockie het ‘n heerlike vryheid op Gansbaai beleef en sy kon dinge doen wat sy gemis het in die sendingveld. Sy was betrokke in die gemeenskap en het haarself uitgeleef deur selfs orrellesse by die orrelis van die NG gemeente te neem,” lui ‘n gedeelte in ‘n boek, Suster Kockie - ‘n Vol lewe in diens van haar Meester, deur Annalette Perold (Smith).

Francia van Dyk van Kleinbaai het die boek aan Gansbaai Courant gewys, met verwysing na ‘n hele hoofstuk oor Rene de Kock (Rienie, alias Suster Kockie) van Caledon se lewensverhaal. Rienie (92), soos algemeen bekend, is op 13 Februarie 1923 in die Booth-kraaminrigting in Kaapstad gebore en het op Caledon grootgeword. Rienie is die oudste van vier dogters en al vier was verpleegkundiges. Syself, Elize en Christine het besluit om hul volle lewens aan verpleging te wy en is nooit getroud nie. Marjorie, die jongste, is met Christo Brand van Douglas getroud wat in 2003 oorlede is. Sy het sowat 22 jaar in De Kelders gewoon, maar is sedert Augustus 2012 ‘n inwoner van Herberg-aan-See. Suster Kockie se hele lewe is aan verpleging, gekombineerd met sendingwerk, gewy. Aanvanklik het sy by ds Zietsman en sy eggenote ingewoon, maar het later ‘n stoepkamer by me Erwee se losieshuis gekry omdat sy nie die huismense wou pla met haar nagbesoeke aan siekes of kraamgevalle nie.

Na skool het werkende moeders by die Visfabriek se kinders kliniek toe gekom waar sy hulle besig gehou het. Sy het ook wonderlike vriendskapsbande met Gansbaai se dames in sake-ondernemings opgebou en was ook by Bybelstudiegroepe en die plaaslike VSB betrokke. Moontlik sal oud-Gansbaaiers haar beslis onthou. Enkele ou foto’s van haar in Gansbaai is ook in die boek opgeneem. Suster Kockie is op 92 steeds selfversorgend in haar eie woonstel en nog net so ‘n sprankelende mens soos wat sy in die boek beskryf is.

Hardus Botha

Suster Kockie van Caledon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles