Suster Kockie van Caledon

Suster Kockie van Caledon

Gansbaai Courant

“In die tyd wat Suster Kockie op Caledon gewoon en gewerk het, was ds Zietsman die predikant op Gansbaai. Hy nader Suster Kockie toe om as distriksverpleegster op Gansbaai te kom werk. Gansbaai is ‘n vissersdorp so 50km suid van Caledon…Suster Kockie het ‘n heerlike vryheid op Gansbaai beleef en sy kon dinge doen wat sy gemis het in die sendingveld. Sy was betrokke in die gemeenskap en het haarself uitgeleef deur selfs orrellesse by die orrelis van die NG gemeente te neem,” lui ‘n gedeelte in ‘n boek, Suster Kockie - ‘n Vol lewe in diens van haar Meester, deur Annalette Perold (Smith).

Francia van Dyk van Kleinbaai het die boek aan Gansbaai Courant gewys, met verwysing na ‘n hele hoofstuk oor Rene de Kock (Rienie, alias Suster Kockie) van Caledon se lewensverhaal. Rienie (92), soos algemeen bekend, is op 13 Februarie 1923 in die Booth-kraaminrigting in Kaapstad gebore en het op Caledon grootgeword. Rienie is die oudste van vier dogters en al vier was verpleegkundiges. Syself, Elize en Christine het besluit om hul volle lewens aan verpleging te wy en is nooit getroud nie. Marjorie, die jongste, is met Christo Brand van Douglas getroud wat in 2003 oorlede is. Sy het sowat 22 jaar in De Kelders gewoon, maar is sedert Augustus 2012 ‘n inwoner van Herberg-aan-See. Suster Kockie se hele lewe is aan verpleging, gekombineerd met sendingwerk, gewy. Aanvanklik het sy by ds Zietsman en sy eggenote ingewoon, maar het later ‘n stoepkamer by me Erwee se losieshuis gekry omdat sy nie die huismense wou pla met haar nagbesoeke aan siekes of kraamgevalle nie.

Na skool het werkende moeders by die Visfabriek se kinders kliniek toe gekom waar sy hulle besig gehou het. Sy het ook wonderlike vriendskapsbande met Gansbaai se dames in sake-ondernemings opgebou en was ook by Bybelstudiegroepe en die plaaslike VSB betrokke. Moontlik sal oud-Gansbaaiers haar beslis onthou. Enkele ou foto’s van haar in Gansbaai is ook in die boek opgeneem. Suster Kockie is op 92 steeds selfversorgend in haar eie woonstel en nog net so ‘n sprankelende mens soos wat sy in die boek beskryf is.

Hardus Botha

Suster Kockie van Caledon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles