'n Vader wat lief het en vergewe!

'n Vader wat lief het en vergewe!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk. 15:20) 

Sondag is Vadersdag. Orals word dit geadverteer en ’n ophef daarvan gemaak, want die winkeleienaars en die handel buit die dag uit as ’n bemarkingstrategie. Tog dink ek dat ons te min maak van ware vaderliefde en wat vaders bereid is om vir hulle kinders op te offer. Dit is dan ook Jesus wat aan die mens op aarde kom wys het hoe lief die Hemelse Vader ons het. Jesus het ons kom wys hoe om in ’n volmaakte verhouding met ons Hemelse Vader te leef. In die gelykenis van die verlore seun beeld Hy juis vir ons uit hóé anders GOD die Vader is. Al was die seun (wat eintlik na jou en my verwys) hoe verkeerd in sy optrede en het hy al sy vader se besittings uitgemors, het sy vader hom met ope arms verwelkom die dag toe hy besluit het om huis toe te gaan. Want jy sien, ons almal het nodig om in ons lewe weer die liefdevolle arms van ’n vader om ons te voel. ’n Mens noem dit genade!

Ernest Hemingway vertel die verhaal van ware vaderliefde en hoe groot die behoefte van kinders aan liefde en genade is. ’n Spaanse vader het besluit om te versoen met sy seun wat weggeloop het en sy lewe met dwelms en prostitute opgemors het. In die Sondagkoerant het hy ’n berig geplaas: “PACO, ONTMOET MY BY HOTEL MONTANA. DINSDAG 12 UUR. ALLES IS VERGEWE. PAPPA.”  Paco is ’n algemene naam in Spanje (soos Johan en Marie in Suid-Afrika.) Toe die pa die die Dinsdag 12 uur by die hotel opdaag is daar agt honderd jong mans met die naam Paco – almal wag vir hulle vaders!

Vadersdag is dalk hierdie jaar die geleentheid wat ons almal besluit om terug te keer na ons hemelse Vader se huis. Nêrens anders in enige ander godsdiens gaan jy die onvoorwaardelike liefde ontvang wat deur Jesus se Pa aan jou gegee is nie. Hy staan en uitkyk vir jou. Hy wag vir jou. As jy teruggaan na jou Pa se huis sal Hy jou tegemoet hardloop  - met oop arms jou verwelkom en jou styf  teen Hom vasdruk. En o, daardie soen van liefde en vergifnis wat Hy jou gee maak die besluit om terug te keer só heerlik en vertroostend! Hoekom langer wag? Kom ons doen dit!

'n Vader wat lief het en vergewe!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles