'n Verskeidenheid vis

'n Verskeidenheid vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nou ja, dinge is tog nie so sleg as wat dit kan wees nie! Inteendeel. As daar gespog kan word met makriel, en weer eens, sommer baie daarvan, ‘n paar mooi silwervis, ‘n paar gewigtige hotties en boonop mooi kabeljou, wat meer kan jy vra? So lank al word voorspel dat dit nou die kabeljou se tyd is om pad te gee dieper water toe en die ou wat sy vis gaan soek, en dit sluit nie die Moddergate en daardie omgewing  in nie, moet hom maar self blameer. Elke week is die water een of ander stadium nie baie vaarbaar nie, maar dis tyd om wakker te wees en wanneer die geleentheid daar is, vat hom!!

‘n Orige mens…

Dit moes vir my oorlede pa seker ‘n wroeging gewees het, maar wanneer ek vandag terugdink aan wat daardie dag gebeur het , moet ek onwillekeurig aan die grinnik gaan.

Ons het met die nette gaan vistrek by Woodstock-strand. Ek en my broer was nog baie jonk en my pa ons held. Groot, sterk en by tye knorrig. Wat verkeerd gegaan het was dat my pa baie haastig was toe hy by die huis weg is en hy het sy “goeie” klere sommer op die strand uitgetrek en onder die Fordjie se sitplek weggesteek. Sy visklere is sommer net daar, op die strand, aangetrek.

Toe ons na die vangery weer by die Fordjie uitkom was die weggesteekte klere skoonveld en my pa moes dringend plan maak om iets droogs aan te trek. Al waarop hy sy hande kon lê was ‘n ou streepsak, en dié se hoeke is summier weggesny vir sy bene om deur te pas. Die sak is opgetrek tot onder sy arms en daar vasgehou. Ons twee seuns moes stilbly want my pa was in ‘n vieslike bui. Was omstandighede anders en was dit nie dalk gevaarlik nie, sou ons nog die snaaksigheid kon insien. Die groot man (ons het altwee sy dun bene geërf) met die streepsak so hoog moontlik opgetrek, het briesend en blou van die koue die motor huistoe bestuur  --  en dis hier waar die volgende probleem opgeduik het!

Die oukêrel moes uitklim om die motorhek oop te maak (net hy het geweet hoe). Dis toe hy die oop hek in sy mikkie plaas dat die ou Fordjie vrek  --  en dit het beteken slinger swaai, en HARD swaai! Net hy kon dít doen.

Ek moet nou meld van die dame wat vanaf die hoek van ons straat die hele petalje staan en dophou het. My pa het beurtelings sy regterhand en dan weer die linker probeer, met die elmboog wat die sak probeer ophou. Die sweet het later begin loop. Die dame het verseg om weg te kyk. Die oukêrel het genoeg gesukkel en besluit die sak is mos die probleem, en laat val toe die ding!

Was seker maar snaaks, die ou groot liggaam wat swaai en swaai, al sien wie ook wat. Maar toe kyk sy wraggies éérs.

Uiteindelik het die karretjie tog gevat. My pa en die dametjie het mekaar so opsommend beskou. Seker die kyk in sy oë, maar uiteindelik het sy die hasepad gekies.

Die kar is ingetrek, die streepsak opgetel waar hy neergegooi is en vir ons twee seuns is geblaf om die huis in te gaan. Met ‘n laaste kyk waar daai vroumens heen is , is die hek toegemaak en het ons my ma die slegte nuus gaan vertel.

Alles deel van wat by die see kan gebeur!

Groete, Seemeeu

'n Verskeidenheid vis

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles