'n Verskeidenheid vis

'n Verskeidenheid vis

Gansbaai Courant

Nou ja, dinge is tog nie so sleg as wat dit kan wees nie! Inteendeel. As daar gespog kan word met makriel, en weer eens, sommer baie daarvan, ‘n paar mooi silwervis, ‘n paar gewigtige hotties en boonop mooi kabeljou, wat meer kan jy vra? So lank al word voorspel dat dit nou die kabeljou se tyd is om pad te gee dieper water toe en die ou wat sy vis gaan soek, en dit sluit nie die Moddergate en daardie omgewing  in nie, moet hom maar self blameer. Elke week is die water een of ander stadium nie baie vaarbaar nie, maar dis tyd om wakker te wees en wanneer die geleentheid daar is, vat hom!!

‘n Orige mens…

Dit moes vir my oorlede pa seker ‘n wroeging gewees het, maar wanneer ek vandag terugdink aan wat daardie dag gebeur het , moet ek onwillekeurig aan die grinnik gaan.

Ons het met die nette gaan vistrek by Woodstock-strand. Ek en my broer was nog baie jonk en my pa ons held. Groot, sterk en by tye knorrig. Wat verkeerd gegaan het was dat my pa baie haastig was toe hy by die huis weg is en hy het sy “goeie” klere sommer op die strand uitgetrek en onder die Fordjie se sitplek weggesteek. Sy visklere is sommer net daar, op die strand, aangetrek.

Toe ons na die vangery weer by die Fordjie uitkom was die weggesteekte klere skoonveld en my pa moes dringend plan maak om iets droogs aan te trek. Al waarop hy sy hande kon lê was ‘n ou streepsak, en dié se hoeke is summier weggesny vir sy bene om deur te pas. Die sak is opgetrek tot onder sy arms en daar vasgehou. Ons twee seuns moes stilbly want my pa was in ‘n vieslike bui. Was omstandighede anders en was dit nie dalk gevaarlik nie, sou ons nog die snaaksigheid kon insien. Die groot man (ons het altwee sy dun bene geërf) met die streepsak so hoog moontlik opgetrek, het briesend en blou van die koue die motor huistoe bestuur  --  en dis hier waar die volgende probleem opgeduik het!

Die oukêrel moes uitklim om die motorhek oop te maak (net hy het geweet hoe). Dis toe hy die oop hek in sy mikkie plaas dat die ou Fordjie vrek  --  en dit het beteken slinger swaai, en HARD swaai! Net hy kon dít doen.

Ek moet nou meld van die dame wat vanaf die hoek van ons straat die hele petalje staan en dophou het. My pa het beurtelings sy regterhand en dan weer die linker probeer, met die elmboog wat die sak probeer ophou. Die sweet het later begin loop. Die dame het verseg om weg te kyk. Die oukêrel het genoeg gesukkel en besluit die sak is mos die probleem, en laat val toe die ding!

Was seker maar snaaks, die ou groot liggaam wat swaai en swaai, al sien wie ook wat. Maar toe kyk sy wraggies éérs.

Uiteindelik het die karretjie tog gevat. My pa en die dametjie het mekaar so opsommend beskou. Seker die kyk in sy oë, maar uiteindelik het sy die hasepad gekies.

Die kar is ingetrek, die streepsak opgetel waar hy neergegooi is en vir ons twee seuns is geblaf om die huis in te gaan. Met ‘n laaste kyk waar daai vroumens heen is , is die hek toegemaak en het ons my ma die slegte nuus gaan vertel.

Alles deel van wat by die see kan gebeur!

Groete, Seemeeu

'n Verskeidenheid vis

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles