MMUSI STEEL HARTE
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), was op Jeugdag die gasspreker tydens ‘n fondsinsamelingsfunksie deur die DA in Hermanus.
Die funksie is deur sowat 150 gaste bygewoon, ingesluit Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, dr Michael Cardo (LP-Nasionaal) en Masizole Mnqasela (LPP - Provinsiaal). Die formele aandete is by die Bona Dea Estate gehou waar die deftige gaste met ‘n drie-gangmaal bederf is, met Mmusi Maimane wat sy toekomsvisie vir die land met die gaste gedeel het. Hy het ook die veiling ten bate van die fondsinsamelingsfunksie behartig. Mmusi se besoek aan die Overstrand, asook sy spontane deelname tydens die gesellige aand, is allerweë met groot opwinding bejeën.
Hardus Botha