Ou Dok is terug

Ou Dok is terug

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dr Christo Barnard, Gansbaai se geliefde "Ou Dok", is weer perdfris en terug in sy spreekkamer. Dis goeie nuus vir mense wat bekommerd was omdat Dokter hierdie keer self 'n pasiënt was. Dr Christo is in Maart op sy fiets raakgery en moes saam met verskeie ernstige beserings, ook 'n tweede heupvervangingsoperasie ondergaan. Taai soos 'n ratel het hy gou ten spyte van groot pyn weer begin werk "omdat siek mense my nodig het". Na die operasie was hy egter verplig om tyd af te vat om aan te sterk. Maar nou is hy weer fris en gesond en heeldag in die spreekkamer.

Dokter Christo is baie dankbaar vir al die goeie wense, boodskappe en veral vir mense se geduld in die moeilike tyd wat verby is. "Ek weet mense het vir my gebid en dit het my sterk gemaak. 'n Baie groot dankie ook aan die span van Overstrand Medical Response wat so bekwaam na-ure vir my ingestaan het, daar was baie goeie terugvoer van mense wat elke aand na hulle deurgeskakel is," sê hy. Die bekende spreekkamer in Barnard Str 27, is oudergewoonte bedags van 8 uur tot 5 uur oop en Saterdae van 9 tot 12.

Dr Christo is ook die dorp se "na-ure dokter" wat selfs met krukke en ten spyte van sy eie pyn, steeds snags uitgegaan het om noodgevalle te behandel en nie skrik vir ons bibberwinter wanneer daar 'n krisis is nie.

 Carien Crafford

Ou Dok is terug

Carien Crafford

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles