Cum laude vir Jolandi

Cum laude vir Jolandi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jolandi Oosthuizen (35) van Gansbaai kan met reg trots wees op haar B-Ed graad wat sy met lof (Cum Laude) aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf het, met ‘n gemiddeld van 87% plus vir al haar vakke - ‘n getroude, werkende moeder van twee dogters en ‘n huishouding en sy behaal hierdie groot prestasie binne die voorgeskrewe tydperk van 4 jaar. Dit wil gedoen wees, met opregte gelukwense aan Jolandi.

Jolandi het haar graad op Donderdag, 18 Junie 2015 in His Peoples Church N1 City se saal tydens UNISA se gradeplegtigheid ontvang. Saam met haar was haar ewe trotse eggenoot, JC Oosthuizen van JJ Plumbing in Gansbaai, asook haar trotse ouers, Kobus en Mercia du Toit van Gansbaai. Kobus van Vleispaleis wat, ná ‘n ernstige motorfietsongeluk steeds in ‘n rolstoel is, het net gesê daar is nie ‘n manier hoe sy rolstoel hom van Jolandi se gradeplegtigheid sal weghou nie. Jolandi matrikuleer in 1998 in Caledon, waarna sy haar Onderwysdiploma aan die einde van 2001 aan die destydse Tygerbergse College (Northlink College) verwerf. Op 9 Oktober 2004 tree sy met JC Oosthuizen in die huwelik en twee dogters, Carla (Gr 2, 8jr) en Anke (Gr R, 5jr) word uit die huwelik gebore.

Die egpaar is sedert 2006 permanente inwoners van Gansbaai. Jolandi was deurgaans in die onderwys betrokke, met onder andere 4 jaar waartydens sy in Engeland skoolgehou het en 2 jaar in die Strand. Sy het ook aflosposte bekleë, maar is nou by Laerskool Gansbaai as Gr 3 onderwyser aangestel. Haar prestasies as werkende moeder van twee is merkwaardig en kan as voorbeeld dien vir menige jonger student. “Dit was harde werk en vele nagtelike ure, maar ek is dankbaar dat ek deurgedruk het en dat dit nou agter die rug is,” sê Jolandi.

Hardus Botha

Cum laude vir Jolandi

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles