Wat praat ons als?

Wat praat ons als?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nuusbrokkies vanuit Gemeenskap

Gansbaai Courant se redaksie het besluit om lesers weer die geleentheid te bied om “Nuusbrokkies vanuit die gemeenskap” te plaas. Dit moet gesien word as relevante en interessante inligting oor mense en hul doen en lates. Voorbeelde hiervan is onder andere ernstige siektes of hospitalisasie, verlowings, huwelike, geboortes, vreugde of hartseer van gesinne of individue, prestasies behaal deur gesinne of individue en ander interessante gebeure waarvan lesers kennis kan neem. Kennis moet geneem word dat elke “Nuusbrokkie” eerstens feitelik korrek moet wees en tweedens kort en bondig moet wees. Dit sal ook onderhewig wees aan redaksionele goedkeuring alvorens dit geplaas word. Die bedoeling van “Nuusbrokkies” is allermins dié van ‘n “skinderkolom” in Gansbaai Courant. Mooi, positiewe en interessante inligting kan tot groot vreugdes in hierdie weeklikse artikel lei.

Drie onlangse voorbeelde is die volgende:

1. Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange sterk tans tuis aan ná ‘n groot rugoperasie.

2. Fanie Viljoen van Gansbaai Apteek sterk tuis aan na ‘n hartaanval.

3. Kollektelyste vir die Herberg-aan-See se Basaar op 25 September 2015 is tans in omloop.  Francia van Dyk 028 384 0262. 

Maak gerus van hierdie geleentheid gebruik om in slegs ‘n paar woorde die lief en leed, prestasies en interessante gebeure met mede-lesers te deel.  Boodskappe kan aan 082-786-0494 gestuur word, of stuur ‘n e-pos aan hardus@maxitec.co.za.

Hardus Botha

Wat praat ons als?

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles