Nuusbrokkies vanuit Gemeenskap
Gansbaai Courant se redaksie het besluit om lesers weer die geleentheid te bied om “Nuusbrokkies vanuit die gemeenskap” te plaas. Dit moet gesien word as relevante en interessante inligting oor mense en hul doen en lates. Voorbeelde hiervan is onder andere ernstige siektes of hospitalisasie, verlowings, huwelike, geboortes, vreugde of hartseer van gesinne of individue, prestasies behaal deur gesinne of individue en ander interessante gebeure waarvan lesers kennis kan neem. Kennis moet geneem word dat elke “Nuusbrokkie” eerstens feitelik korrek moet wees en tweedens kort en bondig moet wees. Dit sal ook onderhewig wees aan redaksionele goedkeuring alvorens dit geplaas word. Die bedoeling van “Nuusbrokkies” is allermins dié van ‘n “skinderkolom” in Gansbaai Courant. Mooi, positiewe en interessante inligting kan tot groot vreugdes in hierdie weeklikse artikel lei.
Drie onlangse voorbeelde is die volgende:
1. Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange sterk tans tuis aan ná ‘n groot rugoperasie.
2. Fanie Viljoen van Gansbaai Apteek sterk tuis aan na ‘n hartaanval.
3. Kollektelyste vir die Herberg-aan-See se Basaar op 25 September 2015 is tans in omloop. Francia van Dyk 028 384 0262.
Maak gerus van hierdie geleentheid gebruik om in slegs ‘n paar woorde die lief en leed, prestasies en interessante gebeure met mede-lesers te deel. Boodskappe kan aan 082-786-0494 gestuur word, of stuur ‘n e-pos aan hardus@maxitec.co.za.
Hardus Botha